TV Plus (Afrikaans)

The Mindy Project

Seisoen 1 SABC3 (*193) 19:30 Komedie

-

Mindy Kaling is nie net die hoofspeler in haar sitkom The Mindy Project (2012-2017) nie – sy’s ook die skepper en uitvoerend­e vervaardig­er, maar dis liefdeswer­k, verduideli­k die 39-jarige: “Die reeks is uitdagend en oudmodies en dis presies wat ek wou hê. Ek wil hê die meisie moet die ou kry wat vir haar bestem is. Sal hulle vir altyd gelukkig wees? Wel, ek’s die baas . . .”

Mindy sê sy’s in die vermaakbed­ryf gebore: “My naam kom van Mork & Mindy (1978-1982). Dit was die enigste VSA-reeks wat my ouers kon kyk terwyl hulle in Nigerië gewerk het toe ek gebore is. Ek het dit vir [die reeksster] Robin

Williams vertel en hy het gelag, maar dis waar.” Haar verhoognaa­m is ’n verkorte weergawe van haar geboortena­am Vera Mindy Chokalinga­m. “Ek moes letters uit my van haal, want dit was onmoontlik om dit uit te spreek terwyl ek ’n skerpskert­ser in LA was,” sê sy. Om meer as een werk te hê is nie vir Mindy vreemd nie. Sy het dit by Steve Carell geleer toe sy saam met hom [as die neurotiese Michael Scott] die karakter Kelly Kapoor gespeel het in The Office (2005-2012), waar sy ook ’n skrywer was. Sy is deur Steve uitgesoek as die reeks se eerste vroulike skrywer ná hy haar improvisas­ievertonin­g gesien het toe sy aan Dartmouth College studeer het om dramaturg te word. Die enigste ding wat sy geheim gehou het oor haar dogter, Katherine (byna een jaar), is die pa se naam. Haar swangerska­p is toevallig deur Oprah Winfrey, haar medester in die Disney-fliek A Wrinkle In Time, bekendgema­ak.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa