TV Plus (Afrikaans)

Chicago Med

Seisoen 1 e.tv (*194) 20:30 Drama

-

In Torrey DeVitto se jongste rol speel sy dr. Natalie Manning in Chicago Med (2015-nou), maar sy het byna in die musiekbedr­yf beland. Haar pa, Liberty, was langer as 50 jaar die sanger Billy Joel se tromspeler, en haar ma, Mary, was amper 60 jaar lank Stevie Nicks se beste vriendin. “Ek het ’n paar instrument­e bespeel sedert ek ses jaar oud was,” sê die aktrise. “Die viool was my gunsteling­instrument.”

Sy was so goed met die viool, sy het ’n soloviooln­ommer by Chris

tie Brinkley (Gayle in die komedie Parks & Recreation, 2012-2015) se troue in 1996 gespeel toe sy 12 was. Hulle het ontmoet toe Christie getroud was met Torrey se peetpa, Billy Joel, van 1985 tot 1994. Sy bespeel steeds die viool en het vir ’n paar albums opgetree, ook vir Stevie Nicks se In Your Dreams (2011). “Dis pret en ek’s mal oor musiek,” sê sy, “maar my hart is in toneelspel.” Torrey het in 1998 begin toneelspee­l toe sy ’n kontrak by die Ford Modelling-agentskap en ’n rol in advertensi­es kry, maar sy’t in 2002 bedank toe sy moeg raak vir katalogusw­erk. Haar eerste twee rolle het meer te doen gehad met haar voorkoms as talent – sy het in 2003 in die drama Dawson’s Creek (1998-2003) en die komedie Scrubs (2001-2010) gespeel. Sy was dr. Fell in die fantasiere­eks The Vampire Diaries (2009-2017), maar dit het haar met ’n gebroke hart gelaat – sy is in 2013, ná net twee jaar, van haar medester-eggenoot Paul Wesley (Stefan) geskei. Torrey voeg by: “Ek het vrede gevind in meditasie en joga – dit is bevrydend en kalmerend.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa