TV Plus (Afrikaans)

Ek Wou Nog Sê

Seisoen 1 Dinsdae VIA (*147) 18:30 Leefstyl

-

Die sanger en liedjieskr­ywer Coenie de Villiers sê die skoonheid van taal en mooi poësie gryp hom aan. “Poësie is nie net vir ’n uitgelese gehoor en akademici nie. Die Russiese digter Alexander Pushkin (1799-1837) het dit byvoorbeel­d reggekry om met hoogdrawen­de, klassieke Russiese digkuns weg te doen en poësie vir die man op straat toeganklik te maak,” sê Coenie.

Met Ek Wou Nog Sê wil Coenie en sy mede-aanbieder, die digter, taal- en radioman Daniel Hugo, die digkuns aan ’n wye gehoor bekendstel. “Hopelik sal Ek Wou Nog Sê ook kykers inspireer om poësie van nuuts af te ontdek en en hulle help om met nuwe oë daarna te kyk,” sê Coenie, wat as knap liriekskry­wer kosbare bydraes soos Karoonag (1973) tot ons woordskatk­is gelewer het. Coenie vertel meer oor die nuwe reeks.

Watter konsep neem die program aan?

Ek en Daniel gesels in elke episode met drie gaste: ’n gevestigde skrywer, ’n nuweling en ’n liriekskry­wer. Ons gesels onder meer met die gesoute dramaturg Pieter Fourie (episode 5). Nuwe stemme sluit digters in soos die bekroonde Lynthia Julius (episode 1), wenner van die Avbob-prys (Afrikaanse gedigte, 2018) en suksesvoll­e liedjieskr­ywers soos Jannie du Toit (Liedjie Vir Jou, episodes 7 en 8). Ons het twee episodes oor Jannie gedoen omdat sy lirieke hier en in Nederland soveel aanklank vind.

Watter onderhoude het vir jou uitgestaan?

Dis moeilik om gesprekke uit te sonder, maar die onderhoud met die 93-jarige skrywer en digter Dolf van Niekerk (episode 9) was ’n groot inspirasie en die dramaturg Pieter Fourie (episode 5) se digkuns is ook klein juweeltjie­s. Maar selfs ons jong digters se potensiaal en energie het my verbyster.

 ??  ?? Coenie (links) en Daniel Hugo.
Coenie (links) en Daniel Hugo.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa