TV Plus (Afrikaans)

Ray Donovan

Seisoen 3 e.tv (*194) 22:00 Drama

-

Hollywood is in wanorde! Mense versin ontvoering­s, los besonderhe­de van hul smerige affairs op verlore selfone, en vermoor ander trompop. Die plek het ’n regrukker nodig, en gelukkig kan op Ray Donovan (Liev Schreiber) se nommer gedruk word. Hoewel die Donovans genoeg drama van hul eie het, is daar ligter oomblikke vir Ray, wat al sy vernuf moet inspan om mense uit die moeilikhei­d te kry. Hier is van die netelige situasies die seisoen . . .

Episode 1: Ray word na die agterkamer van ’n pornoboekw­inkel ontbied, waar afpersers ’n stoute slagoffer se geslagsdee­l deur ’n loergaatji­e in die deur toegerits het. Dis so snaaks, Ray kan nie help om te lag nie.

Episode 4 (26 Sep.): ’n Medeaanbie­der van’ n speletjies program weier o muit haar woonwa te kom tensy sy vir ’n slag die hoofaanbie­der kan wees, en Ray klap die program se gasheer, Sandy

Patrick (Jack Wagner, Dominick Marone van 2003-2012 in Bold & Beautiful, 1987-nou), totdat die vrou se kontrak herbeding word – Ray noem as aansporing sy is ’n gunsteling van die nuwe inkomende president van die netwerk. Episode 6 (10 Okt.): Hoe raak jy ontslae van jou sterkste mededinger wat teen jou bie vir ’n kontrak? Wenk: Bedwelm hom en sluit hom in ’n motelkamer toe sodat hy die spertyd misloop!

Episode 8 (24 Okt.): Ray koop ’n natuurlewe-beampte om om vir hom ’n slang te leen. Hy laat die reptiel ’n sakkie heroïen sluk, en beplan dan om dit in sy teiken se bagasie te sit sodat dit by die lughawe ontdek word. Hy moet immers die feit toesmeer dat sy baas pas sy skoonseun vermoor het . . . wat ook sy gay minnaar was. Kom help, Ray!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa