TV Plus (Afrikaans)

Jamestown

Seisoen 2 M-Net (*101) 23:10 Drama

-

Die akteur Jason Flemyng is goed daarmee om skurke soos die slawe-eienaar George Yeardley in die periodedra­ma Jamestown (2017-nou) te speel. “Ek het die voorkoms van iemand wat jy graag sal wil haat,” sê die 51-jarige Brit reguit. “Ek is gelukkig omdat daar deesdae so baie monsters op TV is, ek het werk vir die res van my loopbaan!”

Sy liefde vir toneelspee­l spruit uit 1 sy liefde vir die skone geslag – Jason verklap “ek het gehou van die meisie wat Dorothy in ons skoolopvoe­ring van The Wizard Of Oz gespeel het. Ek wou die voëlverskr­ikker speel sodat ek die meeste verhoogtyd saam met haar kon hê, maar toe kies sy The Tin Man!” 2 Hy het wel met ’n aktrise aan die arm beland – van 1992 tot 2001 het Jason uitgegaan met Lena Headey (Cersei Lannister in Game Of Thrones, 2011-nou). 3 Hy vlieg nie eerste klas nie, maar gebruik wel sy Frequent Flyerkaart vir eersteklas-sitkamers op lughawens en om vinnig deur doeane te kom. 4 Jason se ergste werkbeseri­ng was nie op stel nie: “Ek was poegaai ná ’n nag se gedrink saam met

Johnny Depp toe ons [die 2001-gruwelflie­k] From Hell in Praag geskiet het. Ek het deur ’n glastafel geval. Daar was soveel bloed, ek moes vir ’n nuwe matras by die hotel opdok.” 5 Wanneer Jason nie aan marathons deelneem nie, gaan speel hy verfbal saam met sy seuns, Noah en Cassius (albei jonger as 10). Hy is daaraan bekendgest­el tydens ’n spanbouses­sie wat gereël is deur Brad Pitt, sy medester in die 2000- donker komedie Snatch.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa