TV Plus (Afrikaans)

The X Factor UK

Seisoen 15 M-Net (*101) 19:00 Realiteit

-

Simon Cowell verander so vinnig die beoordelaa­rs in sy realiteits-talentprog­ram The X Factor UK (2004-nou) dat ’n mens skaars kan byhou, en hy het groot name betrek vir seisoen 15. “Robbie Williams het in my ander program Britain’s Got Talent (2007-nou) verskyn en hy het die aand so geniet, toe vra hy my: ‘Dit was pret. Kan ons dit weer doen?’ Dus het ons sy deelname beklink,” sê Simon, wat seker gemaak het sy nuwe span sal talent kan raaksien.

Die popster Robbie is al meer as 30 jaar in die bedryf – hy het begin as lid van die boy band Take That en tree sedert die middel 1990’s as solokunste­naar op. Hoewel hy in die vroeë 2000’s kop verloor en tekere gegaan het oor aliens terwyl hy in Los Angeles gewoon het, het die sanger al meer as 75 miljoen albums verkoop, en dit kan nie sonder talent gedoen word nie. Robbie se vrou, Ayda Field, sit langs hom as deel van sy “ooreenkoms” met Simon – sy is ’n aktrise en het haar loopbaan in 2000 begin as Angela Moroni in die sepie Days Of Our Lives (1965-nou). Die derde beoordelaa­r, Louis Tomlinson, het sukses behaal juis danksy The X Factor – hy was deel van die boy band One Direction wat Simon in 2010 gevorm het gedurende seisoen 7 van die program.

Elders bly die drie beoordelaa­rs van seisoen 14 besig. Die vermaak bestuurder Sharon Osbourne i snou in die kletsprogr­am The Talk (2004- nou), die talent bestuurder Louis Walsh het The X Factor ná 13 jaar verlaat om hoofbeoord­elaar te word van Ireland’s Got Talent (2018-nou), en die Pussycat Dolls-popster

Nicole Scherzinge­r is’n aanbieder van die 2018- realiteit s program Sidemen.

 ??  ?? Van links: Robbie Williams en sy vrou, Ayda Field, sluit by Louis Tomlinson en Simon Cowell aan as beoordelaa­rs van The X Factor.
Van links: Robbie Williams en sy vrou, Ayda Field, sluit by Louis Tomlinson en Simon Cowell aan as beoordelaa­rs van The X Factor.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa