TV Plus (Afrikaans)

Timmy Time

Seisoen 2 CBeebies (*306) 09:25 Animasie

-

Die skattige skapie Timmy steel harte in die klei-animasiere­eks Timmy Time (2009-2012). Dis ’n splinterre­eks van die bekroonde program Shaun

The Sheep (2006-2016), maar met ’n groot verskil, verduideli­k die medeskeppe­r, Jackie Cockle: “Ons het Timmy uit die volwasse wêreld van Shaun gehaal sodat hy nie so dikwels in die moeilikhei­d beland nie. Hierdie lammetjie leer meer oor die wêreld en voer die gehoor saam met hom mee.”

Daar word nooit genoem hoe 1 Timmy aan Shaun verwant is nie, “maar hul voorkoms stem baie ooreen”, sê Jackie. “Hulle is van dieselfde familie en moontlik van dieselfde plaaswerf.” 2 Nes in Shaun The Sheep is daar nie eintlik dialoog nie – die karakters kommunikee­r met hul regte dieregelui­de, gesnork en geknor. 3 Daar is 14 gereelde karakters en elke kleimodel is minstens 16 cm hoog, vertel Jackie. “As ons hulle kleiner gemaak het, sou dit te moeilik wees om met die verskillen­de dele te werk.” Timmy en sy ma, Timmy’s Mum, is 4 Suffolk-skape. 5 Die program was in 2011 in die kollig in Discovery Channel se reeks How It’s Made (2001-nou). 6 Dit neem langer as ’n week om vyf minute te verfilm en te vervaardig – elke episode is 10 minute lank. 7 Timmy Time word vervaardig deur Aardman Animation Studios, ook die skeppers van Shaun The Sheep en die reeks waaruit Shaun voortgevlo­ei het – Wallace & Gromit (1989-nou). 8 Moenie verwag Timmy gaan ouer word nie, verklap Jackie: “Ons hou hom voorskools – ons gehoor bly jonk soos babas kleuters word, dus hoef ons hom nie te verander nie.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa