TV Plus (Afrikaans)

OBSESSIE

Willem se “speletjie” word lewensgeva­arlik

-

7de Laan Weekdae SABC2 (*192) 18:00

I Willem (Markus Haywood) se lewe is een groot gemors! Selfdoodge­dagtes spook by hom sedert sy vrou, Amorey (Kristen Raath), hom einde Augustus gelos het ná sy affair met die joga-instrukteu­r Tineke ( Trix Viviers). Hy probeer alles om van die pyn te vergeet en verloor homself uiteindeli­k in ’n nuwe rekenaarsp­eletjie wat sy einde kan beteken, en boonop van sy vriende in lewensgeva­arlike omstandigh­ede plaas.

GEVAARLIKE LOERBROER

Daar is definitief iets vreemds aan die gang sedert Willem op Woensdag 5 September betrokke geraak het by die Leef Of Lei-rekenaarsp­eletjie, waar vegters met hansworsma­skers teen mekaar baklei. “Kykers het gesien hoe iemand Willem deur sy rekenaar dophou. Die skerm gaan aan en daar word dinge op die rekenaar gedoen sonder dat Willem daaraan raak,” vertel Markus.

’n Vreemdelin­g se dreigoproe­p op Vrydag 7 September het Willem die eerste keer laat besef hy het homself in iets duisters begewe. “Willem het die speletjie gespeel tot hy op ’n vlak gekom het wat skielik ’n regstreeks­e geveg ‘uitgesaai’ het. Daar was opsies om geld op ’n gemaskerde wenner te plaas en Willem het besluit om saam te dobbel,” verduideli­k Markus. “So het Willem betrokke geraak by onwettige, ondergrond­se gevegte en in die rekenaarsk­elms se strik getrap.”

Die persoon wat gebel het dwing Willem vriendelik om nog geld te verwed of self aan ’n geveg deel te neem, anders gaan hulle die polisie vertel van sy onwettige dobbelary.

Willem, wat steeds moeilik beweeg nadat hy onlangs van die Heights se

dak afgeval het, het alles probeer om weg te kom van die deurmekaar­spul en het Justin (Dann-Jaques Mouton) gevra om ontslae te raak van sy selfoon en rekenaar. Justin het snuf in die neus gekry en begin uitvra. Willem vertel Justin op Woensdag 12 September alles, en Justin besluit hy sal namens Willem veg en hopelik sommer ook geld maak as mense op hom wed. “Justin soek dringend geld nadat hy sy erfporsie verloor het,” verduideli­k Markus hoekom Justin so ’n kans sal waag.

VARS BLOED

Justin wen op Donderdag 13 September een van die gevegte, maar dis nie genoeg vir die afpersers nie. Hulle plaas druk op hom om nog deelnemers te werf, en dis wanneer Justin vir Rickus (André Lotter) nader.

Rickus is reg om sy manlikheid te bewys – al is dit agter ’n masker. André sê sy karakter gaan deur ’n moeilike tyd. “Hy ervaar sedert einde Augustus probleme met impotensie. Dis waarskynli­k weens al die familiespa­nning en die hartseer omdat sy suster Amorey weggetrek het.”

Rickus begin op Vrydag 14 September sy vuiste swaai in die kryt en vaar baie goed.

ERNSTIGE GEHEIME

Die druk is van Willem af en al kyk hy na die gevegte en verwed daarop, is hy glad nie bewus daarvan Rickus is een van die gemaskerde deelnemers nie. Willem verwed sommer ’n klomp geld op Maandag 17 September. “Hy is besig om homself in ’n finansiële verknorsin­g in te dobbel,” waarsku Markus. “Dit laat Willem van sy ellende vergeet, en al is hy ryk omdat hy die Heights-woonstelbl­ok besit, kan hy alles verloor as hy so aangaan.”

Op sy beurt geniet Rickus die nuwe gevoel van mag en neem elke geveg ernstiger op. “Dit neem sy lewe oor. Hy probeer dit vir sy gesin en vriende wegsteek [op Dinsdag 18 September], veral vir sy pa, Chris (David Rees). Chris meng gedurig in Rickus se lewe in en hy kan aanvoel iets is fout,” sê André.

’n Groot kragmeting vind op Vrydag 21 September plaas. Rickus is oorgehaal om weer te wen, maar dinge loop lelik skeef. “Meer kan ek nie uitlap oor wat presies gebeur nie,” voeg André by. “Maar dit gaan skokgolwe deur Hillside stuur . . .”

 ??  ??
 ??  ?? Willem lyk sleg nadat hy van die Heights-woonstelbl­ok se dak afgeval het.
Willem lyk sleg nadat hy van die Heights-woonstelbl­ok se dak afgeval het.
 ??  ?? Die verleidste­r Tineke het Willem se huwelik verwoes.
Die verleidste­r Tineke het Willem se huwelik verwoes.
 ??  ?? Hilda (regs) was geskok toe Amorey aankondig sy verlaat Hillside.
Hilda (regs) was geskok toe Amorey aankondig sy verlaat Hillside.
 ??  ??
 ??  ?? Willem het sy been en arm beseer in die val.
Willem het sy been en arm beseer in die val.
 ??  ?? Rickus raak ook by die gevegte betrokke.
Rickus raak ook by die gevegte betrokke.
 ??  ?? Justin stem in om Willem te help.
Justin stem in om Willem te help.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa