TV Plus (Afrikaans)

Van Lucia

-

Ons word daagliks deur aaklige gebeure omring. In die week het ek gaan draf ( ja, ek skeur myself soms van die TV weg) toe iemand my aan die arm gryp en probeer besteel. Gelukkig het iemand gestop en tot my redding gekom. Met sulke negatiewe dinge is die heerlike ontvlugtin­g van TV-programme en sepies ’n welkome ontsnapkan­s. Nie dat daar nie soms storielyne is wat net so neerdrukke­nd is nie. Ons kry tans baie klagtes oor 7de Laan – die buiteegtel­ike verhouding­s, onderduims­e planne en ouers voel dis nie meer gesinsvrie­ndelik nie. Ons het 7de Laan gevra om met ons te gesels oor hoekom hulle besluit het om die storielyne aan te pak en wat hul strategie is, maar hulle swyg. Soos altyd sal daar ’n rede wees: Storielyne word nie lukraak aangepak nie. Maar hou vas, daar kom nog ’n paar skoktonele. En wie van ons hou nie heimlik van ’n bietjie drama nie? Stuur jou kommentaar na tvplus/ Jy vra, Posbus 784161, Sandton 2146 of e-pos dit na tvplus@media24. com of SMS na 35982 met die woorde TVPLUS YOUASK en jou naam. R1,50/SMS.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa