AMERICAN HORROR STORY
Fans van die riller-antologie-reeks American Horror Story (2011-nou) kry ’n dubbele bederf in seisoen 8, Apocalypse: Die akteurs wat in elke seisoen verskyn, sal albei hul karakters van seisoen 1 en 3 speel. Taissa Farmiga het onthul sy sal haar rolle as Violet van Murder House en Zoe van Coven hervat. Haar TV- ouers, Dylan McDermott en Connie Britton, keer ook terug.