TV Plus (Afrikaans)

Is daar iets anders as jou gunsteling­reeks wat jou snags wakker hou? Ons is hier om jou TVprobleme op te los.

-

Hoe raak die kanale deurmekaar met die episodevol­gorde? Dit het al met Egoli en Magnum, P.I. gebeur.

– NOLEEN, E-POS

In die meeste gevalle is dit nie ’n menslike fout nie. Kanale ontvang episodes wat verkeerd gemerk is, en vind uit daar is episodes weg weens verlore of beskadigde bande, wat die veranderin­g in volgorde verklaar. Die aksiereeks Magnum, P.I. is van 1980 tot 1988 uitgesaai (dis op SABC3, Maandae om 12:00) en die sepie Egoli: Plek Van Goud van 1991-2010 (ons sien dit Ma.-Do. om 17:30 op kykNET & kie), en in die tyd was verkeerde vervoer en opberging die redes hoekom die bande onbruikbaa­r was. Die kanale het ’n span wat episodes kyk voor dit uitgesaai word om seker te maak die inhoud se standaard is goed en regsgeldig. As die kykers enige probleme het, is die kanaal verplig om die episode te onttrek en te vervang, of die volgende aflewering of ander reeks uit te saai. Dit was dikwels die geval met die geselsprog­ram Dr. Phil (2002-nou), waar die inhoud nie geskik was nie, dan het hulle die volgende band geneem, al was dit van deel 2. – Lucia (red.)

SMS jou vrae na 35982 of e-pos my by lucia@media24.com

 ??  ?? Ou reekse soos Egoli saai nie altyd episodes in die regte volgorde uit nie om verskeie redes.
Ou reekse soos Egoli saai nie altyd episodes in die regte volgorde uit nie om verskeie redes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa