TV Plus (Afrikaans)

Werklik en onwerklik

Die virtuele realiteit van Reverie bied ’n beter bestaan as die regte lewe. Hoekom sou mense dit dan wou verlaat?

-

I’n Virtuele realiteits­wêreld is so verslawend in die sci-fi-program Reverie (2018-nou, eksklusief op die aanlyn stroomdien­s Showmax) dat die oud-gyselonder­handelaar Mara Kint (Sarah Shahi) ingeroep word om kliënte te red wat in die program vasgevang is, met hul liggaam nou in ’n komateuse toestand. Maar omdat die Reverie-program die vermoë het om enigiemand se diepste begeertes en kosbaarste herinnerin­gs te skep, gaan dit ’n tawwe taak wees . . . en een waarin Mara self maklik verlore kan raak. Hier’s ’n voorsmakie van wat Reverie kan doen – dis geskep deur ’n tegno-genie genaamd Alexis Barrett (Jessica Lu), met ’n weergawe 2.0 wat ontwikkel is deur die “droomwêrel­d-argitek” Paul Hammond (Sendhil Ramamurthy).

DIE REËLS GELD NIE HIER NIE

Die wêreld binne Reverie, ’n plek waar die onmoontlik­e moontlik word, kan baie meer kompleks, kreatief en kleurryk as die fisieke wêreld wees. “Van die illusies [reveries] is donker of spanningsv­ol, ander is gelukkig en soos ’n paradys. Dis soos om in Alice In Wonderland te beland. Met elke episode weet Mara nie waar sy gaan eindig en wat sy gaan sien nie,” verduideli­k Sarah. In Reverie kan jy vlieg en onderwater asemhaal, net soos in ’n droom.

VERANDER ALLES TEN GOEDE

Reverie kan jou die liggaam gee wat jy nog altyd wou hê, in die fynste besonderhe­de, en die klere wat jy wil dra sal perfek pas, sonder geld- of ander pyne. Daarby kan jy reis waarheen jy wil en die wêreld herstruktu­reer sodat jou gunsteling­plekke rondom jou versamel is. Geen 17 uur lange vlugte of slegte vliegtuigk­os meer nie – dis kitsreis. En wanneer jy ’n ledemaat verloor het, sal Reverie dit aan jou teruggee en jou van skete en siektes genees terwyl jy in die program is.

BEHAAL SUKSES

Reverie laat jou jou grootste drome uitleef, van bekroonde loopbane in die kunste, oorwinning­s op die sportveld en heldedade as ’n geheime agent tot sukses in die politiek of sakewêreld. En jy kan jou eie persoonlik­e orkes hê wat jou volg en heroïese musiek speel terwyl jy alles vermag wat jy wil. Want ’n klankbaan is die sleutel tot sukses!

HERLEEF LIEFDE OF VIND DIT

Reverie kan herinnerin­gs gebruik om die mense wat jy liefgehad het uit die dood terug te bring. Andersins kan die program jou toelaat om jou liedesdrom­e uit te leef met iemand nuut wat perfek vir jou is, en dit skep die mooiste romantiese agtergrond waar roosblare uit die lug reën terwyl jy die wondere van la vie en rose beleef.

VERWERK MOEILIKE DINGE

Sarah se pa is oorlede net voor sy die rol van Mara in Reverie gekry het, dus is sy veral getref deur een manier waarop die program se tegnologie gebruik kan word. “Ek het nog getreur oor hom. Ons het nie veel van ’n verhouding gehad nie, en ek was eintlik verbaas oor hoe hartseer ek was. Ek het hom begin sien en met hom begin praat. Ek het ’n band met hom begin vorm en deur sy dood my verhouding met hom herstel,” vertel sy. “Die program gaan oor die emosies van verlies, verraad, dood, liefde, seerkry, woede, wrokkighei­d. Al die dinge wat ons as mense beleef.”

BETER BEGRIP

“Ons leer ken die agtergrond­storie van al die hoofkarakt­ers deur hul reveries,” verduideli­k Sendhil. “Paul kry paniekaanv­alle en hy’t aan depressie gely. Reverie is vir hom ’n manier om dieper te delf en agter te kom hoekom hy met hierdie dinge worstel. Ek bring Mara by my Reverie in en wys vir haar: ‘Haai, dis wat ek hoop die program vir mense kan doen. Dis waarmee en hoe dit my gehelp het.’”

DONKER REVERIE

In die verkeerde hande is Reverie egter ’n gruwelinst­rument, want jou donkerste vrese kan na vore kom en gebruik word om jou deur jou onheilspel­lende droombesoe­kers te teister.

WAT IS SHOWMAX?

Showmax is Afrika se grootste internet-TV- diens, met duisende reekse, flieks en dokkies wat beskikbaar is vir binge-kyk teen net R99 per maand. Jy kan soveel Showmax-reekse kyk as wat jy wil, sonder beperkings. Jy kan een maand betaal en die volgende jou intekening kanselleer, en dan weer inteken wanneer jy gereed is. Dit hang van jou af. Gaan na www. showmax.com om in te teken vir ’n gratis proeftyd van twee weke!

 ??  ?? Die Reverie-span (van links):Monica (Kathryn Morris), Paul, Mara, Alexis (Jessica Lu) en Charlie (Dennis Haysbert).
Die Reverie-span (van links):Monica (Kathryn Morris), Paul, Mara, Alexis (Jessica Lu) en Charlie (Dennis Haysbert).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa