TV Plus (Afrikaans)

WILLEM SE PROBLEME

-

Willem het op Woensdag 29 Augustus in sy dronkenska­p van die Heights se dak afgeval. Al het hy die val oorleef, het hy ’n paar bene gebreek en loop tans moeilik. Mariaan (Deirdre Wolhuter), Willem se skoonma, was oortuig daarvan hy wou sy lewe beëindig en het haar seun, Rickus, op Woensdag 5 September omgepraat om by Willem in te trek sodat hy ’n ogie oor hom kan hou.

Willem wou die lang, ledige ure vul en het uiteindeli­k geklik op ’n pop-up advertensi­e wat gedurig op sy rekenaar geflits het. Dit het hom geneem na die Leef Of Lei-speletjie. Hy het obsessief geraak om te wen en deur te dring na die volgende rondes, maar dit het nie die selfdoodge­dagtes verdryf nie. Willem het op Donderdag 6 September ’n geweer in die hande gekry en ’n skoot het in sy woonstel afgegaan terwyl hy dit hanteer het. Hy het geskrik oor sy noue ontkoming en op Leef Of Lei gefokus om homself reg te ruk. Maar uiteindeli­k gaan hy wens hy het nooit by die speletjie betrokke geraak nie.

 ??  ?? Mariaan is bekommerd.
Mariaan is bekommerd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa