TV Plus (Afrikaans)

Werkmoles

Bonita begin by Bruynwaves werk en veroorsaak moeilikhei­d.

-

7de Laan Weekdae SABC2 (*192) 18:00

Bonita (Hildegardt Whites) se lewe is min of meer terug na normaal nadat sy in Julie haar varkies in die tronk verloor en ’n brand gestig het, maar die enkelma het ’n nuwe probleem: Sy is platsak. Haar voormalige skoonsus Vanessa (Ingrid Paulus) het op Vrydag 7 September tot haar redding gekom en vir haar ’n werk by die bemarkings-en-geleenthei­dsmaatskap­py Bruynwaves gereël. Dit het eers gelyk of Bonita, self ’n sakevrou wat haar eie blommeonde­rneming het, ’n aanwins vir die maatskappy sou wees, maar sy bewys vinnig die teendeel.

VERLEDE BLY SPOOK

“Bonita se blommebesi­gheid was besig om te stagneer en die bestelling­s het begin opdroog,” vertel Hildegardt. Bonita besluit om haarself in die nuwe Bruynwaves-pos te bewys, maar op Woensdag 12 September is daar groot moeilikhei­d wanneer haar bedenklike verlede veroorsaak dat hulle ’n groot funksie kwyt is. “Die kliënt het uitgevind van Bonita se tyd in die tronk en was nie gemaklik daarmee nie,” sê Hildegardt [meer in kassie hiernaas].

Dit knaag aan Bonita se selfbeeld, en boonop vind sy op Donderdag 13 September uit haar kollegas Aggie en Diederik (Mimi Mahlasela en Hennie Jacobs) probeer Vanessa oorreed om haar in die pad te steek, want sy rig skade aan die besigheid se beeld en reputasie aan.

TERUGVEGPO­GING

Bonita is nie iemand wat gaan lê nie, en sy kry op Vrydag 14 September ’n nuwe kontrak vir Bruynwaves en die kliënt het diep sakke. Maar op Vrydag 21 September is Bruynwaves se reputasie weer op die spel oor Bonita se verlede en Vanessa spartel om dit te red.

Dis ’n besondere blou Maandag op 24 September wanneer iemand Bonita se oog vang en sy gevoelens vir die verkeerde persoon ontwikkel. Wie dit is mag ons nie verklap nie, maar praat van slegte tydsbereke­ning!

TRONKVOËL BONITA

Bonita was in Junie agter tralies omdat sy Vanessa en

Xander (Theodore Jantjies) se dogter, Karmen (Gabriella Linton), ontvoer het. Karmen was die perfekte beenmurgsk­enker vir Bonita en Xander se baba, Daniel, wat beenmurgka­nker het, maar Vanessa wou dit nie toelaat nie.

 ??  ?? Bonita wil haarself in haar nuwe pos bewys.
Bonita wil haarself in haar nuwe pos bewys.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa