TV Plus (Afrikaans)

17 – 21 SEPTEMBER

-

Bianca voel almal het iets oor haar en Lloyd te sê, Lee-Ann kry ’n olyftak uit ’n onverwagte oord, en Tim kom tot nuwe insigte oor sy pa en Vivienne. Bianca verkwalik haar familie en vriende vir haar mislukte verhouding, Ronald probeer by sy nuwe lewe in Ruiterbosc­h aanpas, en Vivienne wil dinge tussen haar en Chris herstel. Bianca raak desperaat vir Lloyd se pille, Vivienne vra Justin om nie hul geheim aan Chris te verklap nie, en Mrs. J en Ronald se verhouding slaan ’n nuwe koers in. Bianca kry onttrekkin­gsimptome, Chris maak reg vir sy aand saam met Vivienne, en Bridgette is steeds omgekrap oor Ronald se uitlatings. Justin kan nie ophou om aan Vivienne te dink nie, en Michelle bekommer haar oor Bianca.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa