TV Plus (Afrikaans)

BINNELANDE­RS WAT VANJAAR GEGROET HET:

-

Jana (Brümilda van Rensburg) is op Maandag 21 Mei weg nadat haar man At Koster (Hans Strydom) deur Eben (Zak Hendrikz) geskiet is en sy ’n senu-instorting gekry het.

Bronwyn Abrahams (Kim Cloete) het Binneland kort daarna, op Donderdag 24 Mei, verlaat nadat sy uitgevind het haar man, dr. Steve Abrahams (Clint Brink), het haar weer met Annelize (Cindy Swanepoel) verkul.

Nadia Valvekens (Pippa) het op Donderdag 23 Augustus gegroet nadat sy met die polisieman Ferdie Liebenberg (Dirk Stoltz) getrou het en pas uitgevind het sy is swanger.

Lexi (Kisha Skei) het die sepie op Donderdag 6 September verlaat nadat sy haar mediese studies opgeskop het en besluit het om ’n ruk lank oorsee te gaan werk.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa