TV Plus (Afrikaans)

Onskuldig aangekla

Lesedi se aantygings van verkragtin­g het die onnie mnr. Carlson in die tronk laat beland, maar sy hou iets geheim.

-

Generation­s – The Legacy Weekdae SABC1 (*191) 20:00

Wanneer die polisie in die middel van die skooldag op Dinsdag 18 September by die skool opdaag, is die laaste ding wat die onderwyser mnr. Carlson (Clayton Boyd) verwag dat hy geboei daar weggelei sou word. “Hy’s verstom,” onthul Clayton. “Hulle vertel hom nie hy word ondersoek vir die verkragtin­g van die leerder

Lesedi (Luyanda Mzazi) by ’n skoolkamp laat in Augustus nie. Hulle sê niks nie – dis angswekken­d en vernederen­d.” Wat dit vererger, onthul Clayton, is Carlson het nie aan Lesedi geraak na sy die pynpille by hom geneem het nie.

Wat Carlson en die polisie nie weet nie is Lesedi kan niks onthou van die aand nie, want die pille het begin werk voor sy verkrag is. “Dit moes hy gewees het,” sê Luyanda. Carlson word vrygelaat ná ondervragi­ng en gewaarsku om Lesedi “onder geen omstandigh­ede te probeer kontak nie. Maar hy’s onskuldig en kan sy werk verloor,” verduideli­k die akteur.

BETAAL DIE PRYS

Die goeie mnr. Carlson raak oornag berug wanneer dit bekend word hy is vermoedeli­k ’n verkragter. “Die gemeenskap verkies om die ergste te glo, want dis opwindende­r,” sê Clayton. “Daar is daagliks voorbeelde van mense wat hul mag misbruik. Dis natuurlik om iets slegs van ander te glo.”

Die eerste ding wat Carlson op Woensdag 19 September doen, is hy stel die prokureur Fana (Duma Mnqobi) aan. Hulle besluit hulle gaan mnr. Carlson se leerders en ouers vra om sy karakter te bevestig.“Maar die man word daarvan beskuldig dat hy ’n kind op ’n nare manier seergemaak het. Geen ouer sal help nie,” kla Clayton.

LEERDERS BESKERM

Om die skool se beeld en ander leerders te beskerm word Carlson op Donderdag 20 September geskors. “Sy vriende en kollegas wil niks van hom weet nie,” sê Clayton, en voeg by die situasie gaan nie gou verbeter nie: “Omdat dit is wat Lesedi dink en nie feite is nie, gaan dit langer duur om die waarheid te hoor. Intussen begin Carlson na die waarheid soek.”

 ??  ?? Mnr. Carlson is verstom wanneer die polisie sy klas onderbreek om hom in hegtenis te neem.
Mnr. Carlson is verstom wanneer die polisie sy klas onderbreek om hom in hegtenis te neem.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa