TV Plus (Afrikaans)

Toets die waters

Dennis probeer bewys hy het verander, maar dis moeilik.

-

Skeem Saam Weekdae SABC1 (*191) 18:30

Daar wag ’n wrede ontnugteri­ng op die Seakamelas op Woensdag 12 September: die tiener Clement ( Vusi Leremi) het hul vertroue geskaad en sy ekstronkvo­ëlpa, Dennis (Clevy Seleka), by hul wendyhuisi­e laat inglip toe hy die vorige dag vrygelaat is. “Hulle is woedend,” sê Clevy. “Hulle het alle reg om Dennis te haat omdat hy sy vrou

Sthoko (Innocent Sadiki) gedurende hul huwelik mishandel het. Maar hulle behoort nie kwaad te wees vir Clement nie.” Die seun het gehoop sy ma, Sthoko, en ouma Ma Ntuli (Dieketseng Mnisi) sou onbewus wees van Dennis so naby, maar Clement se plan misluk en daar’s oorlog. “Hulle het gedink hulle het ontslae geraak van Dennis toe hy in Desember tronk toe is ná hy Sthoko geslaan het. Ma Ntuli wil Dennis nie naby haar familie hê nie,” waarsku Clevy.

GEEN TERUGKEER

Clement rig ’n uitdaging aan sy ouma en ma op Donderdag 13 September: óf Dennis bly óf hy gaan saam met sy pa weg. “Ma Ntuli is verstom. Sy sal nie toelaat dat Clement saam met die mis- handelaarm­onster weggaan nie,” voeg Clevy by, en sê hy glo sy karakter het verander. “Ma Ntuli het een voorwaarde as Dennis bly: hy moet werk kry.” Al kan Dennis die voorwaarde aanvaar, is Sthoko se broer en suster Pretty en Kwaito (Lerato Marabe en Clement Maosa) nie bly om hom te sien nie. “Hulle dreig [op Dinsdag 18 September] om uit te trek as iets nie gedoen word nie. Die spanning skeur die familie uitmekaar, maar Dennis probeer net homself bewys,” sê Clevy.

TOEVALLIGE WRAAK

Al is Dennis versigtig vir Sthoko, maak hy op Maandag 24 September ’n fout wanneer sy reguit na hom kom nadat sy hom lank geïgnoreer het. Wanneer hy haar probeer soen “druk sy hom weg”, verduideli­k Clevy. “Dennis val met sy kop teen die tafel.” Sthoko vlug, en ’n bewustelos­e Dennis word gevind en die volgende dag hospitaal toe geneem.” Die vraag op almal se lippe is: wat het Dennis aan Sthoko gedoen?

 ??  ?? Clement (links) se goeie bedoelings om sy pa, Dennis, te help is nie iets waaroor die familie bly is nie.
Clement (links) se goeie bedoelings om sy pa, Dennis, te help is nie iets waaroor die familie bly is nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa