TV Plus (Afrikaans)

Nou’s dit oorlog

Teboho wil die enigste koninklike vrou wees, kom wat wil.

-

Muvhango Weekdae SABC2 (*192) 21:00

Niemand kry die oorhand oor die Thathe-konkelaar Teboho (Liteboho Molise) nie, en sy spoeg vuur vanaf Woensdag 12 September wanneer sy aangesê word om haar suster-vrou Shumi (Carol Netshitung­ulu) met rus te laat. Prinses Shumi is op Maandag 3 September volgens tradisie met Teboho se man en die stamhoof

Mulalo (Sydney Ramakuela) getroud, en Teboho soek bloed. “Sy is soos ’n sirkelende haai,” waarsku Liteboho. “Shumi het haarself by hul lewe ingewurm en Teboho wil haar weg hê.” En dit beteken sy sal Shumi kaalvuis moet pak.

VURIG EN GEVAARLIK

“Teboho gaan nie toelaat dat Shumi haar huwelik verwoes en haar man en hul seun, Luruli (Daryn Sondaka), steel nie,” verduideli­k Liteboho. Maar Shumi gaan nie so maklik bes gee nie, voeg Carol by. “Shumi het koninklike bloed in haar are. Sy het mag in die koningshui­s wat Teboho nie het nie, selfs al is Teboho die eerste vrou.”

Wat Mulalo en Teboho nie weet nie, is dat Shumi hulle vir die gek hou – sy is ’n onderdanig­e prinses vir Mulalo, maar agteraf is sy ’n gedugte vyand wat op haar teenstande­r bly pik. Sy hou aan om Teboho te treiter op Woensdag 12 September, maar besef nie Teboho gaan terugslaan nie. “Shumi se knaende uittarting gee Teboho rede om soos ’n kobra terug te pik,” vertel Liteboho.

MOETIE MOET HELP

“Shumi is geskok,” sê Carol. “Teboho val haar fisiek aan en skree: ‘Gaan dood! Gaan dood!’ Sy druk Shumi se kop in ’n wasbak met water. Sy probeer Shumi regtig verdrink!” Die oudstes hoor die kabaal en storm op Donderdag 13 September in en trek Teboho van haar slagoffer af. Omdat Teboho weet Shumi sal voortaan lyfwagte hê, het sy ’n donkerder plan op Vrydag 14 September en vra ’n sangoma vir “sterk moetie wat van Shumi ontslae sal raak”, sê Liteboho. “Nie eens die dreigement dat sy uit die koningshui­s geskop kan word vir die gebruik van toordery kan Teboho afskrik nie,” voeg Liteboho by. “Shumi moet gaan, en Teboho sal doodmaak as sy moet!”

 ??  ?? Shumi (inlas) weet nie wat haar getref het nie. Die Thathe-oudste Vho-Mukondelel­i trek Teboho van Shumi af.
Shumi (inlas) weet nie wat haar getref het nie. Die Thathe-oudste Vho-Mukondelel­i trek Teboho van Shumi af.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa