TV Plus (Afrikaans)

’n Bruid – en nog een!

MaNgcobo daag by Uzalo se troue van die jaar op om haar man terug te eis en ’n suster-vrou by te kry.

-

Uzalo Weekdae SABC1 (*191) 20:30

Oorgenoeg vreugde en drama wag op kykers met Nkunzi (Masoja Msiza) en MaMlambo (Gugu Gumede) se troue wat oor drie dae strek, van Maandag 24 tot Woensdag 26 September. Nie eens onheilspel­lende tekens op Vrydag 21 September kan MaMlambo keer om oor haar groot dag te droom nie. Maar sy kan nie voorsien tot watter uiterstes haar vriendin-vyand MaNgcobo (Dawn Thandeka King) op Maandag 24 September sal gaan om seker te maak sy word nie deur die ander vrou in Nkunzi se lewe oorskadu nie: MaNgcobo bars by die seremonie in, self uitgevat in ’n trourok en met ’n vuurwapen in die hand!

FYN BEPLANNING

Agter die skerms was dit die ene bedrywighe­id toe die produksies­pan die troue gedurende die eerste week in Augustus verfilm het. Die klere-afdeling het toe reeds ’n maand lank aan alles gewerk onder die wakende oog van Nokubonga Ngobeni. “Almal was opgewonde en het uitgesien na die storielyn,” vertel die uitvoerend­e vervaardig­er, Mmamitse Thibedi. “Ons het oor twee en ’n half dae by ’n trouvenue in Ballito, KZN, geskiet. Die eerste dag is die dramatiese en emosionele oomblikke verfilm, soos die aflê van die huweliksbe­loftes, Nkunzi en MaMlambo wat diep in mekaar se oë kyk, en die onderbreki­ng deur MaNcgobo. Die tweede dag is die feestelikh­ede en onthaal geskiet, en die derde dag die tonele in aanloop tot die troue – MaNgcobo wat saam met Nosipho (Nompilo Maphumulo) ry teenoor MaMlambo en haar gevolg.”

ALLES EKSIE-PERFEKSIE

Volgens Mmamitse was die reëlings omvattend. “Ons moes die perfekte venue kry, seker maak die tegniese span het genoeg kameras om die troue uit alle hoeke te dek en natuurlik dat albei bruide pragtig lyk!” Vir Mmamitse is die mees romantiese oomblik wanneer “Nkunzi voor die kansel ’n soen by MaMlambo steel voor die werklikhei­d hulle tref”. En haar gunsteling-toneel is “wanneer al die drama bedaar het en albei bruide hul dans met Nkunzi kry”.

 ??  ?? Nkunzi is ’n gelukkige man, ten spyte van die drama tussen sy twee bruide, MaNgcobo (links) en MaMlambo.
Nkunzi is ’n gelukkige man, ten spyte van die drama tussen sy twee bruide, MaNgcobo (links) en MaMlambo.
 ??  ?? Past. Mdletshe (Glen Gabela) gryp dapper in om met die troubederw­er MaNgcobo te redeneer.
Past. Mdletshe (Glen Gabela) gryp dapper in om met die troubederw­er MaNgcobo te redeneer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa