17 – 21 SEPTEMBER
Ndumiso se twyfelagtige sigaretverskaffers gebruik ’n ontvoering en ’n losprys om hom op sy plek te sit ná Ndu hulle aanvat, en Lindiwe kom vorendag met ’n plan om seker te maak alles verloop na haar wense by die matriekafskeid. Ndumiso probeer ’n redding bewerkstellig, maar sy plan kan in die wiele gery word deur sy medepligtige. Timmy se kamstige date-storie kring buite beheer uit danksy sy vriende se behulpsame entoesiasme, en hy moet vinnig verduidelik.