TV Plus (Afrikaans)

Geen speletjies

’n Nuweling maak Gabriel onrustig en laat hom kopkrap.

-

Dit verg baie om die oorhand te kry oor die konkelaar Gabriel (Aubrey Poo), ’n problemati­ese pastoor wat ’n heeltydse bedrieër en sakeman met verskuilde agendas geword het. “Die ou het baie oorleef,” verduideli­k Aubrey. “Hy het verlede jaar ses maande lank gevlug, elke aand op ’n ander plek geslaap, met slegte mense wat hom wou doodmaak. Hy was in die bed met gevaarlike mense, soos The Deep se koningin van bedrog

Nina Zamdela (Khabonina Qubeka), en het met ’n glimlag weggestap.” Gabriel moet liewer die selfvoldan­e grynslag staak ná ’n nuweling vanaf Vrydag 7 September in die omgewing van Horizon Deep gesien is. “Gabriel het geen verbinteni­s met Sithembiso (Cebo Zikhali) nie, wat dit des te meer onthutsend maak [op Woensdag 12 en Donderdag 13 September] wanneer dit blyk Sithembiso is meer as ’n bevoegde en gewillige teenstande­r,” waarsku Aubrey.

DIE BESTE MAN

Gabriel was nog nooit bang om by

soveel dinge moontlik betrokke te wees nie as daar geld te maak is. Wanneer hy na die burgemeest­er Sechaba

Moloi (Motlatsi Mafatshe) kyk, sien hy dollarteke­ns flits. Of tot Sithembiso opgedaag het. Daar was geen onmiddelli­ke bedreiging nie, onthul Aubrey, “maar Gabriel vind gou uit die nuwe ou speel nie speletjies nie”. ’n Winsgewend­e projek wat so goed soos Gabriel s’n was op Woensdag 5 September, word skielik onder sy neus weggeraap op Donderdag 13 September wanneer Sithembiso bykom. Dit gaan morsig raak tussen die twee, voeg die akteur by, terwyl hulle mekaar steeds takseer.

AFGELUISTE­R

Die twee sit op Maandag 17 September vas wanneer Sithembiso Gabriel se toegang na Sechaba blokkeer. Dit grief Gabriel, want “wie is die nuweling?” vra Aubrey. “Hy’s in die pad en vertraag Gabriel se planne.” En dit gaan moeiliker raak vir die gladdebek Gabriel ná Dinsdag 18 September, want sy geselsie met Sithembiso, waar hy sy deel van sy plan onthul, is nie so privaat as wat hy dink nie – die burgemeest­er luister af en gaan nie daarvan hou om te hoor hy word misbruik nie.

 ??  ?? Sithembiso (inlas) irriteer Gabriel vreeslik.
Sithembiso (inlas) irriteer Gabriel vreeslik.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa