TV Plus (Afrikaans)

17 – 21 SEPTEMBER

-

Gerardo word hulp aangebied in sy nuwe oorlog, en Roman skrap Lucho se e-posse wat hom met die vroue verbind. ’n Babelas Ana probeer onthou wat sy die vorige aand vir Gerardo gesê het, en Rafael en Javier ondervra hul nuwe getuie. Gerardo stel dit duidelik aan sy kinders: vlug uit die land of kry te doen met El Centauro. Yolanda en Centauro trou, en El Gato betrap Ana en Gerardo wat mekaar soen. Rafael het middagete met ’n informant, en Emilio en Centauro besef nie iemand luister hulle af wanneer hulle oor moord pleeg praat nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa