TV Plus (Afrikaans)

17 – 21 SEPTEMBER

-

Die Dikanas is onbewus van Veronica se streke terwyl sy steeds agter haar godvresend­e, kerkganger-masker skuil, en Cobra weier om bloed aan sy hande te hê wanneer Percy voorstel hulle vermoor ’n opponerend­e bendelid. Veronica sê vir haar familie sy gaan gedoop word en sy wil hê hulle moet die seremonie bywoon, en Cobra word vasgevang tussen Oupa se vele probleme. Itumeleng wys haar steun vir Veronica, en Lindiwe sit haar sakeproble­me op ys terwyl sy van Veronica ontslae probeer raak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa