TV Plus (Afrikaans)

17 – 20 SEPTEMBER

-

Koningin Mosadi onderbreek die skurke wat Sephiri gekry het en red onwetend haar suster Odirile se lewe, en Sephiri laat Odirile weet sy kan nêrens wegkruip ná wat sy aan haar koninginsu­ster gedoen het nie. Daar is vir ’n veranderin­g vrede tussen Mosadi en Odirile, maar nie almal is oortuig Odirile se olyftakkie is opreg nie. Prinses Mosetsana skuif tradisies en koninklike gebruike opsy sodat sy by Goitseone kan wees, en Odirile word bevorder in die koninklike rangorde. Moseki en sy dogter Dipuo kom vorendag met ’n nuwe geldmaakpl­an, prinses Kefilwe stel haarself in gevaar wanneer sy nie waaksaam is nie, en Moseki ontmoet ’n eertydse geliefde, maar nie om die romanse te hervat nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa