TV Plus (Afrikaans)

’n Natuurdiva

Al wat die 50/50- anker Philicity Reeken nodig het om die bos aan te durf is ’n hoed, ’n sonbril en “baie sitronella-olie”.

-

50/50 Seisoen 8 Sondae SABC2 (*192) 19:00

Om pret te hê in die Bosveldson is die beste loopbaanbe­sluit wat Philicity Reeken geneem het as ’n aanbieder by die langsduren­de natuur-en-omgewingsd­okkiereeks 50/50 (1983-nou). “My liefde vir die natuur het begin toe ek klein was,” verduideli­k die 38-jarige. “Ek onthou hoe ons teen die sandduine in Namibië afgegly het op my tante se strykplank met sand in my gesig, mond en hare! Maar dit was so lekker! Dis wat ek natuurproe noem.” Philicity het in Mei 2018 by die huidige aanbieders aangesluit toe die reeks terugkeer met ’n opgeknapte voorkoms vir seisoen 8. Haar diep, lekker lag het Philicity gehelp om gou ’n gunsteling by kykers te word, tesame met haar natuurkenn­is, natuurlik. Hoekom is 50/50 al byna 40 jaar so gewild? Kennis is mag. Ek leer uit elke episode wat ons uitsaai, of dit ’n video, ’n kykerfoto of ’n knipsel van [50/50-insetselse­ksie] Veldfokus is. Is jou kinders so omgewingsb­ewus soos jy? Beslis. Ek het twee dogters – Simone (15) en Zhara (13) – en ek het hulle geleer dis lewensbela­ngrik dat die mens en die natuur saam moet bestaan.En jy moet erken Moeder Natuur is wonderlik! Wat’s jou gunsteling-natuurbest­emming? Ek hou van die ongerepte natuur soos Port St. Johns aan die Oos-Kaapse Wildekus en Mpumalanga in die noorde van die land. Die uitsig – sjoe! Dit klink of jy enige tyd gereed is vir ’n avontuur in die natuur. Wat is in jou oorlewings­ak? Iets warms vir die aande, goeie vriende en baie sitronella- olie. Ook gemaklike klere soos linne, groot sonhoede en ’n sonbril.

Is jy versigtig naby wilde diere? ’n Mens moet wees. Ek was swanger toe ons in 2002 wittebrood gehou het by Port St. Johns en ek het heeltyd ’n sisgeluid gehoor wanneer ek verby die deur na ons akkommodas­ie geloop het. Ek het gaan kyk en daar tussen die plantegroe­i, langs die buitewasba­k, was ’n boomslang! Ek het iemand gaan kry om dit te verwyder. Dis baie moeilik om met die natuur te werk. Ek het ’n paar verrassing­s gehad en foute gemaak met opnames. Gelukkig doen ons dit vinnig weer en redigeer my tuitmond uit, my singery en woorde wat ek opmaak.

50/50 is nie jou eerste ervaring van TV nie – jy was in Survivor SA: Plebs Vs. Celebs in 2011. Ek was so positief en my persoonlik­heid het my gedra. Wat teen my getel het, was my fiksheid – ek’s gebou vir gemak, nie vir spoed nie. Sal jy teruggaan na die Maledive [waar Sur

vivor geskiet is]? Om op ’n verlate eiland te wees hang van die klimaat af en hoe lank jy daar bly. Gee my ’n ewigdurend­e aansteker, groentesaa­d, musiek, ’n kapmes en gemaklike broeke en ek’s daar.

Jou lag is besonders . . . Lag is die klank van ’n gelukkige siel. Ek lag dikwels vir die vreemdste dinge, en dis hoekom ons ’n hele paar opnames van my segmente van die reeks doen. Die reeks het ’n baie aktiewe sosialemed­iateenwoor­digheid, wat dit makliker maak vir kykers om met jou in aanraking te kom. Is jy ook ’n sosialemed­ia-ster? Ek’s mal daaroor! Dis ’n maklike en persoonlik­e manier om in voeling te bly met vriende, familie en ons kykers. Die sleutel, op ’n profession­ele vlak, is om opreg te wees en grense te stel. Gelukkig is ek tot dusver nie getrol [aanlyn geboelie] nie.

 ??  ?? Die program-anker Philicity Reeken is so tuis in die natuur as wanneer sy op die hoëtegnolo­gie-50/50-stel is.
Die program-anker Philicity Reeken is so tuis in die natuur as wanneer sy op die hoëtegnolo­gie-50/50-stel is.
 ??  ?? Philicity was mal oor die eilandomge­wing van Survivor SA in 2011.
Philicity was mal oor die eilandomge­wing van Survivor SA in 2011.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa