TV Plus (Afrikaans)

Pa se slim seun

Vince se sorgvrye lewe verander oornag wanneer hy sy seun ontmoet in Champions.

-

Champions Seisoen 1 Saterdae M-Net-sat. 17:30 (begin 15 September)

Dis elke bachelor se grootste nagmerrie: ’n Vrou klop jare ná jul eennagseks aan jou deur met ’n kind. Dis presies wat met die gim- eienaar Vince (Anders Holm) gebeur in die enkelseiso­en-komedie Champions (2018). “Dis die laaste ding wat hy verwag het,” sê Anders. “Vince is ’n gimbaas in Brooklyn. Hy’s jonk, sorgvry en woon saam met sy jonger broer, Matthew (Andy Favreau). Hulle doen eers, dink dan. Hulle het geen verantwoor­delikhede nie . . . ”

HY’S JOUNE

Vince se hoërskoolm­eisie

Priya (Mindy Kaling, Mindy van The Mindy Project, 2012-2017, sien bl. 59) het Michael (J.J. Totah) geheim gehou vir Vince, want “anders as Vince is Michael begaafd, talentvol en verantwoor­delik – alles wat sy pa nie is nie”, sê Mindy, wat ook die reeksskepp­er en uitvoerend­e vervaardig­er is. “Sy los

haar seun by sy pa net omdat Michael na ’n gesogte kunsskool in New York wil gaan, en Priya se werk laat haar nie toe om stad toe te trek nie. Michael wil in die vermaakbed­ryf werk, daarom het hy die skool gekies.”

AFRIGTERSP­AN Britney

(Mouzam Makkar) is ’n afrigter by Vince se gim en ook sy aan-afmeisie, en onseker hoe sy die nuus oor sy seun moet hanteer.

Ruby (Fortune Feimster) is ’n raserige afrigter met goeie bedoelings wat almal gelukkig wil sien.

’N GOEDVOEL-KOMEDIE

Hoewel Champions ’n soortgelyk­e gegewe as Two & A Half Men (20032015) het, sê Mindy haar program is die teenoorges­telde. “Ons het twee volwasse broers en een het ’n seun [soos in Two & Half Men]. Maar ons is ’n goedvoel-komedie oor ’n pa en seun wat mekaar leer ken. Hulle groei in omstandigh­ede wat nie een van die twee verwag het nie. Hulle is in die situasie van baie mense in die regte lewe, en dit help kykers om met ons karakters te identifise­er.”

 ??  ?? Van links: Matthew, Michael en sy “nuwe” pa, Vince.
Van links: Matthew, Michael en sy “nuwe” pa, Vince.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa