TV Plus (Afrikaans)

Altyd drama

Die Parkers ontduik alweer die lang arm van die gereg, die keer noord van die grens in The Detour.

-

The Detour Seisoen 3 Vrydae M-Net (*101) 22:30 (begin 14 September)

Daar’s gesinne wat moeilikhei­d optel, en dan is daar Nate Parker (Jason Jones) en sy clan – sy vrou, Robin (Natalie Zea), dogter, Delilah (Ashley), en seun, Jared (Liam Carroll), in The Detour (2016-nou). “Hulle hoef nie gekheid te gaan soek nie, dit volg hulle soos ’n slegte gewoonte,” verduideli­k Jason. “Kyk net wat in seisoene 1 en 2 gebeur het. Russiese bruide, nywerheids­pioenasie – selfs die [vegkuns] taekwondo-drama het plaasgevin­d oor eerlike misverstan­de wat by klein wit leuentjies begin het. Elke keer wanneer hulle [die skrywers] sê ‘ons het iets nuuts beet’, wonder ek by myself hoeveel erger kan dit nog raak?” Snaaks dat hy sou vra . . .

STIL EN RUSTIG . . .

Die gesin het uit New York gevlug ná nog ’n misverstan­d (sien “Verlede keer . . . ” hierbo) en hulle is nou in Alaska waar dit rustig en stil is en, die belangriks­te, niemand hul verlede ken nie. “Dis myle der myle weg van New York en dit beteken hulle is ver weg van moeilikhei­d,” vertel Jason. Maar hy het te gou gepraat – selfs Nate se nuwe wegkruipst­orie dat hy ’n Joodse tuimeltrei­nskepper is, is nie oordrewe genoeg nie. Hy word tot aksie opgeroep terwyl hulle by die plaaslike kermis is – die tuimeltrei­noperateur het per ongeluk sy eie dood veroorsaak toe hy ’n rit wat nie wil stop nie probeer afskakel het, en Nate se nuwe vriende kyk na hom om sake te red. En raai wat? Nate raai per geluk (of ongeluk) wat die regte kabel is om te knip, wat die tuimeltrei­n tot stilstand bring en die verskrikte mense se lewe red. Pleks van stilletjie­s onder die radar beweeg, is Nate nou vol in die kollig en dis ’n probleem!

AGENT OP AANDAG

’n Onderhoud word met die “nuwe held” by die kermis gevoer, en spesiale

agent Edie Randall (Laura Benanti) kan haar oë nie glo wie en wat sy op TV sien nie. Sy het nie vergeet hoe Nate en Robin haar in seisoen 2 ontwyk het nie, en hoewel sy met iets lewensbela­ngriks besig is, spring sy op die eerste vliegtuig na Alaska. “Dis histeries – sy is in die middel van ’n in vitro-prosedure en sy hardloop in die hospitaalj­urk uit die dokter se spreekkame­r,” sê Laura. “Sy gee nie om wat met haar liggaam aan die gang is nie. Sy soek Nate se bloed!”

 ??  ?? Nate en Robin Parker (agter), en hul kinders, Jared en Delilah.
Nate en Robin Parker (agter), en hul kinders, Jared en Delilah.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa