TV Plus (Afrikaans)

Speurder én IT-boffin

The Docket se IT-ou Terry wil net hê “Dad” moet vir hom sê hy is wonderlik.

-

The Docket Seisoen 1 Woensdae SABC3 (*193) 21:30

Om misdaad te bestry is ernstige sake vir die elitepolis­ie- eenheid The Ravens in die plaaslike aksiereeks The Docket (2018-nou), maar dit beteken nie daar word nie gelag terwyl hulle op misdadiger­s se spoor is nie. Dit is die werk van die stylvolle en sjarmante ondersoeke­r Terry Jahib (Ashish Gangapersa­d, die IT-ou Prada tot 2014 in Isidingo, 1998-nou), wat ook die span se tegniese boffin is. Maar wanneer hy nie grappies maak met sy werkbroer Neil (Brandon Engelbrech­t) nie, probeer Terry dat sy baas, Marlon (Duncan Johnson), hom soos sy seun behandel . . . ’n seun van wie hy hou.

DIE RAVENS-GESIN

“Terry beskou Marlon soos ’n vaderlike figuur. Hy sal kwinkslae maak en na Marlon kyk vir goedkeurin­g, maar hy kry niks. Terry wil ’n pa-seun-band hê waar Marlon trots is op hom. Hy kyk op na hom en hy streef daarna om so slim soos Marlon te wees, maar nie so streng nie,” sê Ashish voor hy byvoeg: “Die kykers sien nie Terry se gesin nie. Die enigste verhouding­s wat hy het, is dié wat jy op skerm sien met sy Ravens-kollegas. ’n Mens síén net hy het ’n vervreemde suster. Hy praat nie met sy ma of pa nie. Teen episode 8 (10 Oktober) is daar ’n swaarmoedi­ge onderwerp en dit handel oor Terry, en ’n mens kry die indruk iets baie slegs het in die verlede gebeur. Hy verkwalik homself daarvoor en gebruik sy humor as dekmantel.”

’N PLUIMPIE VIR HOM

Iets wat Terry nie wegsteek nie, is sy tegnovaard­ighede. En wat werklike rekenaarva­ardighede betref gee Ashish homself, op ’n skaal van 1-tot-10 Terrys, ’n nege! “Ek was in die IT-bedryf sedert ek in 2002 gematrikul­eer het tot 2009/10 toe ek daar weg is. Ek was ’n gekwalifis­eerde netwerk-ingenieur. Ek het as ’n IT-ingenieur vir Universal Networks gewerk voor ek Joburg toe gekom het om my droom om akteur te word na te jaag. Wanneer Terry dus agter die rekenaar doenig is, is dit eg. Daar is werklik opdragte vir bevele in. Ek moedig jou aan om op die uitkyk te wees daarvoor of om foute daarmee uit te wys,” daag Ashish goedig uit.

 ??  ?? Die ondersoeke­r Terry is op sy stukke, of dit is wanneer hy ’n vuurwapen op iemand rig, of om iemand se IPadresse op te spoor.
Die ondersoeke­r Terry is op sy stukke, of dit is wanneer hy ’n vuurwapen op iemand rig, of om iemand se IPadresse op te spoor.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa