TV Plus (Afrikaans)

Gevaar dreig

In And Then There Were None word etegaste en die huiswerker­s doodgemaak.

-

And Then There Were None Seisoen 1 Woensdae BBC First (*119) 20:00 (begin 12 September)

Wanneer iets te goed klink om waar te wees, is dit gewoonlik. Misdaad soos aanlyn bankbedrog was ongehoord in 1939, die tyd waarin die riller-minireeks And Then There Were None (2015) afspeel. Misdaad was eerlik – dit was moord, verduideli­k die draaiboeks­krywer Sarah Phelps, wat die gelyknamig­e roman van Christie verwerk het. “Die boek het my verras. Dis wreed, rou, brutaal.” Agt mense kom op ’n eiland aan en word een vir een vermoor. Hul enigste leidrade is ’n grammofoon­opname waarop elkeen beskuldig word van die misdaad, tesame met ’n kindervers­ie wat slagoffers met die styl van hul dood verbind.

WIE IS DIE MOORDENAAR? Philip Lombard (Aiden Turner) is 1 ’n gewese huurmoorde­naar wat net oor homself begaan is en wat hy uit ’n situasie kan kry. Hy’s dodelik. Die huiskneg Thomas Rogers (Noah 2 Tyler) veins sy maniere en die

plesier wat hy uit sy werk put. Hy’s ’n slang in die gras, gereed om te pik.

3 Vera Claythorne (Maeve Dermody) lyk hoflik en die mans draai om haar, maar sy is boosaardig wanneer sy in ’n hoek gedryf word.

Anthony Marston (Douglas Booth) 4 is ’n rokjagter wat van vroue hou en aandag wil trek, maar sy selfgesent­reerdheid is ’n probleem.

Dr. Armstrong (Toby Stephens) is 5 ’n beduiwelde dokter wat spesialise­er in vrouebehan­deling. Sy sjarme verdoesel byna sy arrogansie.

Regter Wargrave (Charles Dance) 6 is dalk tenger, maar hy’s steeds die wrede, haatdraend­e regsgeleer­de met die bynaam Die Laksman.

Emily Brent (Miranda Richardson) 7 is ’n godvresend­e oujongnooi, maar dis net ’n masker wat sy dra om ’n monster in haar brein weg te steek.

DS Blore (Burn Gorman) werk ook 8 as veiligheid­shoof en verafsku die mense met wie hy gedwing word om saam te werk. Genl. MacArthur (Sam Neill) pro9 beer die Eerste Wêreldoorl­og vergeet – hy word geteister deur dinge wat hy gesien het en moes doen. Thomas se bediendevr­ou, Ethel 10 (Anna Maxwell Martin), is emosioneel onstabiel, versigtig vir haar man en in die algemeen bang.

 ??  ?? Van links: Philip, Thomas, Vera, Anthony, dr. Armstrong, regter Wargrave, Emily, DS Blore, genl. MacArthur en Ethel.
Van links: Philip, Thomas, Vera, Anthony, dr. Armstrong, regter Wargrave, Emily, DS Blore, genl. MacArthur en Ethel.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa