TV Plus (Afrikaans)

Suits

-

Seisoen 8 M-Net (*101) 21:00 Drama

Rick Hoffman leef lekker as die egomaniakp­rokureur Louis Litt in Suits (2011nou), maar die akteur het dit nie altyd maklik gehad nie. “Vir die grootste deel van my twintigerj­are het ek klein rolletjies in die komiese reekse Jake In Progress (2005-2006) en Samantha Who? (2007-2009) gehad, en in my tyd as kelner is ek nege keer afgedank,” sê die 48-jarige. Toe Suits se skepper Aaron Korsh hom dus in 2010 sy rol aanbied, het hy lank gehuil van vreugde.

1 Al is Louis katmal is Rick baie allergies en drink medisyne as hy met katte moet werk. Hy is in 2007 byna dood tydens die verfilming van The Condemned – hy het nie geweet hy is allergies vir neute nie en het amper versmoor toe sy keel toeswel. Nog een van Louis se liefdes wat 2 Rick laat gril is modderbadd­ens. Die akteur sê: “Ek haat dit. Dis taai en voel vuil en ek verstaan nie hoe dit lekker kan wees nie.” 3 Rick se ouers, Gail en Charlie, is sy grootste fans en hy het hulle Louis se ouers, Naomi en Saul, laat speel in seisoen 2 in ’n videoskype-oproep op sy tabletreke­naar (daarom is die beelde versteur). 4 Die akteur is gesien waar hy frons by die troue in Mei van sy gewese medester Meghan Markle (Rachel) met prins Harry, maar daar is ’n verduideli­king: “Iemand naby my het ’n baie slegte asem gehad en ek kon dit nie verhelp nie.” 5 Rick is uiters privaat en behalwe dat hy ’n tweejarige seun het, is niks anders bekend nie en hy lewer nie kommentaar oor sy liefdeslew­e nie. 6 En al lyk hy indrukwekk­end op die skerm is hy net 1,72 m lank.

 ??  ?? Jy sal nie glo hoekom Rick die gesig getrek het nie – lees #4.
Jy sal nie glo hoekom Rick die gesig getrek het nie – lees #4.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa