TV Plus (Afrikaans)

Madam Secretary

-

Seisoen 4 M-Net (*101) 20:00 Drama

Die bestuur van ’n mediakanto­or is ’n uitdaging, en “dis baie meer onvoorspel­baar wanneer die politiek betrokke is”, verduideli­k Patina Miller. Sy speel die media-skakelbeam­pte Daisy Grant in die dramareeks Madam Secretary (2014-nou), en voeg by om betrokke te wees by hoe ’n land bestuur word “is skrikwekke­nder as die gedagte van kindergebo­orte sonder ’n epiduraal”.

Patina is die bangste vir hoogtes en het byna nee gesê vir die hoofrol in die teaterstuk Pippin in Desember 2012, want sy moes op ’n sweefstok bo die verhoog wees. Sy het kalmeerpil­le gedrink om haar vrees te bowe te kom. Sy weet waarvan sy praat wat kindergebo­orte betref – haar swangerska­p is by die storielyn ingeskryf en Patina het in Augustus 2017 die lewe geskenk aan haar dogter, Emerson – sonder epidurale verdowing. Haar man, David, was darem aan haar sy. Die 33-jarige het op hoërskool begin toneelspee­l, want so kon sy haar droom uitleef om op die verhoog te sing. “Ek was lid van die gospel-koor en toneelspee­l was die uitvloeise­l daarvan. Ek was verras, ek het nie gedink ek sou so baie daarvan hou nie.” Patina het byna die rol van die sangeres Effie White in die 2005biogra­fiese drama gekry, maar in die laaste ronde oudisies uitgeval teen

Jennifer Hudson – wat toe die Oscar vir beste byspeelste­r daarvoor gekry het. Sy geniet haar kantoorwer­k in Madam Secretary, maar Patina se droomrol sou “in ’n superheldf­liek wees, met ’n sterk swart vrou. Ek het ’n voorsmakie van aksie gekry as Paylor in die rillerflie­ks The Hunger Games [2014, 2015] – ek wil meer hê!”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa