TV Plus (Afrikaans)

Francois Lensley as Marko in 7de Laan.

-

Ek dink Marko en Esti in 7de Laan moet gou trou, voor Marko met ’n kierie kansel toe moet loop. Hy word nie jonger nie. – MART, SMS

Marko verdien Esti nie. Ek dink sy hart behoort nog aan Emma. – PIERRE, FACEBOOK

Marko moet bykom. Esti is ’n pragtige mens en hy weet nie wat hy kan verloor nie. – HELEN, FACEBOOK

Jacob en Charmaine is besig om Vanessa se gesag te ondermyn deur Karmen links en regs uit die skool te hou. – JMS, SMS

Nee wat, 7de Laan kan nou gerus ontslae raak van Monique. – ELSIE, SMS

7de Laan raak nou wreed met al die geweld en ontrouheid. Ek wil dit nie eers meer kyk nie. – OUMA, SMS

Ek is deesdae baie teleurgest­eld in 7de Laan. Die stories en karakters is glad nie goed nie. – SOPHIA, SMS.

Ek hoop Amorey is die eerste van al die Welmans wat waai, en dan Willem en Olivia ook. – BARYL, SMS

7de Laan se episode van Donderdag 23 Augustus van die twee vroue wat soen het nie in almal se smaak geval nie. – ANTJIE, SMS

Matrone van 7de Laan kan gerus nuwe oorbelle kry. – RINA, SMS

Karmen in 7de Laan is te pragtig vir my. – GENEVE, FACEBOOK

Hoekom kyk mense nog Getroud Met Rugby? Dis erger as om na ons eie Springbok-rugbyspan te kyk. – WILLIE, E-POS

Ek sien so uit daarna om Jana Kruger as Vivienne te sien speel in Suidooster. Ek is ’n groot aanhanger van haar en die sepie. – @WILNAICE, TWITTER

O jissie, Katherine Kelly Lang (Brooke van Bold & Beautiful) moet versigtig wees in Suid-Afrika. Hier steel hulle haar trane van haar wange af! – RIANA, FACEBOOK

Steek weg jul mans! Katherine Kelly Lang (Brooke) van Bold & Beautiful kom Suid-Afrika toe! – PATRICIA, FACEBOOK

Jack se terugkeer in Generation­s – The Legacy is ontstellen­d. Hy’s soos ’n kat met nege lewens! – MAMASEDI, FACEBOOK

Ek wonder soms wie besluit wanneer die herhaling van Survivor op SABC3 uitgesaai word? Die een naweek sien ons dit en die volgende naweek nie. – ELSABÉ, E-POS

Ek gaan skreeu as ek na nog ’n herhaling van Elke Skewe Pot op kykNET moet kyk. – MORNÉ, E-POS

kykNET kan gerus vir ons die opsie gee om vloekwoord­e in flieks en reekse uit te sny. – JEANETTE, SMS

So S jammer om te hoor die s skrywer van Die Mannh heim-Sage, Lerina Erasmus, is oorlede [op 20 Augustus]. – CHARLES, SMS

W Werner van S Survivor SA l lyk darem b baie anders sonder sy baard. Dit het so goed gelyk in die reeks, en toe sien ek hom in die finaal sonder sy baard. Laat groei dit

weer, asseblief! – ALTO, SMS Dis nie reg van M-Net [dekodeerde­r] om net dan en wan episodes van Sara Se Geheim uit te saai nie. – RIA, E-POS

eExtra se tegniese span kan gerus kyk hoekom al die reekse op die kanaal aanmekaar vries. – CHARL, SMS

 ??  ?? Jana Kruger is deesdae in Suidooster te sien as Vivienne.
Jana Kruger is deesdae in Suidooster te sien as Vivienne.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa