TV Plus (Afrikaans)

Slang in die gras

Elana raak agterdogti­g oor die nuwe spesialis

- Binnelande­rs

Weekdae kykNET (*144) 19:30

Daar heers groot opgewonden­heid wanneer die hoog aangeskrew­e onkologie-spesialis dr. Brian Els (Robert Hobbs) by Binneland-kliniek begin werk. Dr. Elana

Bester (Ilne Nienaber) het die bal aan die rol gesit om Brian vir Binneland te werf. “Elana doen die afgelope paar weke navorsing oor ’n laser- operasie op kankerpasi­ënte. Maar om die operasie te laat slaag, moet die gewasse eers gekrimp word. Brian het baanbreker­stegnologi­e ontwikkel om juis dit te doen.”

Maar die wedywerige dr. Annelize Roux (Cindy Swanepoel) maak op Woensdag 26 September vir Brian ’n aanbod sodat sy die lof vir sy aanstellin­g kan kry. “Brian aanvaar die aanbod op voorwaarde dat hy sy praktyk en al sy pasiënte van Merci Med na Binneland verskuif,” vertel Robert.

Al het Annelize haar ondermyn, is Elana in die wolke omdat sy saam met Brian gaan werk, maar sy ontdek ongerymdhe­de en sy en die nuwe dokter begin lelik koppe stamp.

UITGESLAPE DOKTER

Ilne vertel Elana is wreed ontnugter. “Brian sê al die volgende dag (Donderdag 27 September) vir Elana hy wil glad nie by haar laser- operasie betrokke wees nie, want hy wil nie hê iemand anders moet kennis van sy metodes inwin nie,” vertel Robert.

Brian het ’n assistent nodig, maar beskerm sy metodes sodat hy Elana se voorstel dat Naomi (Je-ani Swiegelaar) hom bystaan, verwerp. Hy dring aan daarop dat die junior verpleegst­er Chanel (Lindsey Abrahams) hom help. Robert sê Brian het goeie mensekenni­s. “Hy het gou gesien Naomi en Elana sal sy metodes bevraagtek­en, terwyl Chanel onervare is.”

Elana ontdek op Dinsdag 2 Oktober van die pasiënte se chemotelli­ngs is uitermate hoog. Sy konfrontee­r Chanel, wat dadelik die blaam op haar neem. “Brian waarsku Elana om nie haar neus in sy pasiënte se sake te steek nie. Elana kom agter sy kan skielik nie meer die chemodata lees nie, want Brian het ’n wagwoord geïnstalle­er. Sy word ál meer agterdogti­g,” vertel Ilne.

Wanneer Elana haar broer Conrad (Hykie Berg) en Annelize vertel van haar wantroue in Brian, meen hulle Elana krap waar dit nie jeuk nie.

Ilse Ferreira (Hannelie Warren), wie se breingewas wonderbaar­lik genees is, besluit op Dinsdag 2 Oktober om vir ’n opvolgbeso­ek na die nuwe spesialis te gaan.

Maar wanneer ’n kankerpasi­ënt, wat die vorige dag ’n hoë dosis chemo van Brian gekry het, sterf, begin selfs Annelize lont ruik.

 ??  ?? Dr. Brian Els se tegnologie bied dalk hoop vir Binneland-kliniek se kankerpasi­ënte.
Dr. Brian Els se tegnologie bied dalk hoop vir Binneland-kliniek se kankerpasi­ënte.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa