TV Plus (Afrikaans)

BLOED EN SWEET

-

Die Vernon-voorval tref die Cupidogesi­n die hardste, veral vir Beatrice (Jolene Martin) wat ook die skool se adjunkhoof is en ’n spesiale plekkie vir die leerder het. “Die Hoërskool Arendsvlei is haar baby en sy het baie bloed en sweet in die skool gesit om dit ’n veilige omgewing vir die kinders te maak en bekostigba­re onderwys vir die leerders en gemeenskap te bied. Dit is haar passieproj­ek wat sy met erfgeld begin het ná haar pa se dood,” verduideli­k Jolene.

STORIE AGTER DIE STORIE

Die storie van Arendsvlei kom al ’n pad van ses jaar. “Dit het aanvanklik in 2012 begin toe ek net 19 jaar oud was,” vertel die 26-jarige skrywer Theltom Masimila. Theltom, wat in 2015 sy skryftalen­t geslyp het as draaiboeks­krywer by 7de Laan (2000-nou) en later dieselfde jaar vir Suidooster (2015-nou) geskryf het, sê Arendsvlei was aanvanklik ’n kortverhaa­l. “Ek het dit rofweg geskryf en wou dit vir ’n tydskrif stuur, maar het nooit daarby uitgekom nie. Dalk was dit ’n goeie ding. Ek het dit verlede jaar omskryf as ’n draaiboek en vir Roberta gegee, en ons is na kykNET & kie vir ’n voorleggin­g. Voor ons nog verder kon verduideli­k, is dit aanvaar as ’n telenovell­e met 156 episodes.”

Arendsvlei is ook ’n kykie in Theltom se lewe. “Baie van my familieled­e, soos my pa, broer en peetma, is in die onderwys. Toe ek dit begin skryf het, was daar dus nie juis twyfel oor die

 ??  ?? Die stelbouers het die skool se naambord gemaak.
Die stelbouers het die skool se naambord gemaak.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa