TV Plus (Afrikaans)

Man in die middel

Buhle fladder meer as haar ooglede om seker te maak Ranthomeng sien net haar raak en vergeet van sy vrou.

-

Ranthomeng en Imani (Brian Themba en Zonke Mchunu) het alles moontlik probeer om hul gekwelde huwelik te red ná sy hom in April vanjaar uitgevang het dat hy haar met sy eksmeisie Buhle (Mmarona Motshegoa) verkul. En hoewel dit lyk of hulle die meeste van die krake toegesmeer het, het Buhle begin September teruggekee­r en haar verleideli­kheid ingespan om Rantho weer eens om haar pinkie te draai. Dus het Imani op Woensdag 26 September haar tasse gepak, “want ’n getroude vrou kan net soveel leuens verduur”, waarsku Zonke. Maar dit beteken nie sy’s vir goed klaar met Rantho nie.

TERUG VIR MEER

“Ranthomeng het gedink die Buhlehoofs­tuk is afgesluit,” sê Brian. Maar sy kom terug en sy lok hom uit en gebruik sy swak punte om te kry wat sy wil hê. “Sy soek geld om haar huur te betaal. Sy wil hê hy moet opdok vir haar leefstyl, asook vir haar sakeplanne om ’n naelsalon in Thathe oop te maak.” Pleks dat hy Imani vertel Buhle is terug en so die moontlikhe­id van ’n hervatte romanse in die kiem smoor, erken Brian sy karakter “is regtig dom en stem in tot die meeste van Buhle se eise, buiten vir die salon”. Buhle gaan nie tevrede wees nie en boonop gaan Imani briesend wees wanneer sy uitvind – as Rantho maar net weet in hoeveel moeilikhei­d hy homself gaan laat beland . . .

IETSIE VIR DIE TAS . . .

Mmarona weet presies wat voorlê: “Drama! Buhle gebruik Rantho se swakhede om hom te manipuleer.” Tot dusver vandeesmaa­nd het sy ’n rooi sybroekie in Rantho se aktetas geplant waar Imani dit sou kry, en sy’t Imani se huissleute­ls gegaps en ’n romantiese piekniek beplan, en gehoop Imani stap enige oomblik in. “En dit werk! Imani verlaat Rantho [op Vrydag 28 September] en weier om na sy pleidooie te luister,” sê Zonke. Maar Imani is duidelik steeds lief vir haar man en stel op Dinsdag 2 Oktober ’n ultimatum aan Rantho: dis ek of sy. En ons almal weet wat die laaste keer gebeur het toe Rantho Buhle gelos het – sy huidige penarie is die gevolg daarvan. Miskien is die vroue nie die probleem nie – dalk is Rantho sy eie grootste vyand.

 ??  ?? Buhle se sybroekie (inlas) is net die begin van haar plan om Ranthomeng terug te steel.
Buhle se sybroekie (inlas) is net die begin van haar plan om Ranthomeng terug te steel.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa