TV Plus (Afrikaans)

Soos Ouma dit maak

Tiaan Langenegge­r leer meer van ons koserfenis.

-

Tiaan Onthou Seisoen 1 Maandae kykNET (*144) 18:00 (begin 1 Oktober)

Die koskenner en sjef Tiaan Langenegge­r voeg een van die dae nóg ’n kosprogram by sy lysie. Hy was in 2013 in Kokkedoor (2013-nou), waarvan hy die medewenner was, en is daarna gesien as beoordelaa­r in Koekedoor (2014-nou). Tiaan Onthou, wat in Oktober begin, is ’n droom wat waar word. “Ek is opgewonde dat dit ’n werklikhei­d geword het,” sê Tiaan wat die leefstylre­eks as ’n verjaardag­present sien – hy word op 28 Oktober 32 jaar oud. Vir die volgende 13 weke kan ons saam met hom die land deurkruis terwyl hy by oumas in hul kombuise kuier, disse onthou en dit dan sy eie maak.

Wat gaan jy as Tiaan in die reeks onthou?

Daardie resepte wat al geslagte lank in die familie is, uit oumagrootj­ie se dae. Resepte soos bobotie, melktert en waterblomm­etjiebredi­e – dis hartskosse wat ons nooit kan vergeet nie. En dís wat ek in die program wil vasvang.

Hoe gaan jy jou eie kinkel by beproefde resepte voeg?

In elke episode reis ek na die verskeie oumas se woning waar ons saam een van haar disse gaan kook, en dan gaan ek die resep my eie maak. Ek sal byvoorbeel­d al die bestanddel­e van ’n kerriegere­g vat – die vleis, speserye en groente – en dan ’n nuwe dis skep, soos ’n vleis- en- groentedis of selfs ’n tipe sop of bredie.

Waar en hoe het jy die oumas gekry wat deelneem?

Ek en die inhoudsver­vaardiger van die reeks, Errieda du Toit, het koppe bymekaar gesit en mense op sosiale media gevra om ons hul gunsteling­stories van hul oumas en dié se resepte te vertel. Ons het hulle gekontak en oorreed om in my program te verskyn.

Waarom is koserfenis vir jou belangrik?

Die meeste van ons het herinnerin­ge van toe ons as kinders saam met ons ouma gebak en brou het. Ek wil daardie resepte met hul verskillen­de geure en smake gaan soek en vasvang. Mense het in daardie dae met basiese bestanddel­e gekook en sonder die kortpaaie wat ons deesdae gebruik. As ons nie begin om daardie metodes vas te lê nie, sal dit verlore gaan. En daar is nie ’n beter tyd as nou om dit te doen nie. My gaste is ouer en hul tyd kosbaar, ons moet so gou moontlik hul kennis ontgin en bewaar. Tydens die opname moes ons reeds ’n paar keer die filmskedul­e aanpas weens een van my gaste wat ’n familieste­rfte gehad het of skielik siek geword het.

Gaan ons jou eie ouma sien? Ja, my ouma Marie Kellerman gaan beslis ’n verskyning in die program maak en ek en sy gaan die potte laat prut! Ouma Marie is my grootste rolmodel wanneer dit by kosmaak kom. Haar resepteboe­ke was my toevlug en inspirasie toe ek aan Kokkedoor deelgeneem het. Ek gebruik dit nou nog.

 ??  ?? Tiaan gaan tradisione­le disse sy eie kinkel gee.
Tiaan gaan tradisione­le disse sy eie kinkel gee.
 ??  ?? Tiaan en sy ouma Marie.
Tiaan en sy ouma Marie.
 ??  ?? By ouma Ivy Johnson van Darling.
By ouma Ivy Johnson van Darling.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa