TV Plus (Afrikaans)

The Orville

Seisoen 1 Ma. M-Net-dek/sat (*101) 16:00/17:00 Herhaling Di. M-Net 09:00 Sci-fi

-

Seth MacFarlane het vier werke by die sci-fi-komedieree­ks The Orville (2017nou) – buiten dat hy kapt. Mercer speel, is hy die skepper, skrywer en vervaardig­er. Dis ook die geval met die meeste van sy ander programme, soos die animasiere­ekse Family Guy (1999-nou) en American Dad! (2005-nou). “Dis ’n magsding en ek hou van mag!” skerts die 44-jarige. “Maar ek het wonderlike spanne en niks hiervan sou moontlik gewees het sonder hulle nie.”

1 Seth het ’n baritonste­m en het sanglesse gekry by Frank Sinatra se eertydse stemafrigt­ers. Hy speel ook klavier, maar verkies eintlik om deesdae op die gholfbaan te ontspan. 2 Hoewel die FOX-netwerk oortuig was The Orville sou ’n sukses wees, was Seth angstig “want ek het die grootste sci-fi-sonde begaan deur elemente van die Star Wars-flieks (1977nou) en die Star Trek-reekse (1966-nou) in een program te kombineer. Ek is wetenskaps­fiksie se Dr. Frankenste­in!” 3 Seth se kollege-koshuisdeu­r was met pels bedek, en dis waar hy die idee gekry het vir sy maatskappy se naam: Fuzzy Door Production­s. 4 Die akteur was byna aan boord van een van die gekaapte vliegtuie in die 9/11-terreuraan­valle, maar het sy vlug verpas “want ek het die vorige aand ’n drankie te veel gehad ná my toespraak by my ou kollege”. Seth se netto waarde is al $200 m. 5 (R3 biljoen), maar sê hy sal nie ophou werk nie “tot ek my eie Broadwayst­uk op die planke het. Dan sal ek weet ek het dit gemaak en kan aftree.” 6 Watter program het sy liefde vir animasie en toneelspee­l aangewakke­r? The Flintstone­s (1960-nou).

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa