TV Plus (Afrikaans)

The Mindy Project

-

Seisoen 1 SABC3 (*193) 19:30 Komedie

Die rol van die onvoorspel­bare ontvangsda­me Beverly Janoszewsk­i by die mediese praktyk Shulman & Associates pas die veteraan-aktrise Beth Grant soos ’n handskoen. “Toe ek die teks die eerste keer lees, het ek dadelik met haar gekliek,” sê Beth oor haar karakter met die skerp tong. “My man sê sy’s soos ek op ’n slegte dag met geen wag voor die mond nie. Dis ek as ek nog nie my koffie gekry het nie. Dis of ek die demone in my kan vrylaat wanneer ek Beverly speel,” erken Beth.

Beth woon net sewe minute se ry van die Mindy-stel af.

Mindy Kaling (Mindy) is haar inspirasie. “Ek sou met middagete op stel ’n uiltjie gaan knip, maar Mindy sou reguit na die skryfkamer gaan. Toe het ek aan ander projekte begin werk. Ek pas nou soveel in as wat ek kan,” vertel Beth. Die besige 69-jarige Beth het meer as 160 film- en TV-rolle op haar kerfstok, met haar groot deurbraak ’n ma-rol [karakter sonder naam] in die Oscar-bekroonde fliek Rain Man (1988). Sukses het nie oornag gekom nie. “Toe ek in 1972 in New York aankom, het ek gedink ek’s ’n naelloper. Daar sou ’n Broadway-stuk wees, ’n fliek en ek sou op 25 ’n Oscar wen. Maar ek is toe ’n langafstan­datleet,” erken Beth. Die hele gesin is akteurs. Haar man,

Michael Chieffo, was Ughetta (2016-2017) in Better Call Saul (2015-nou), en hul dogter, Mary Chieffo, speel L’Rell in die Star Trek: Discovery-reeks (2017-nou).

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa