TV Plus (Afrikaans)

Van Lucia

-

Dit word vir my ál moeiliker om te besluit watter programme en sepies om te kyk. Daar is net soveel! Ek voel permanent agter. Selfs die laaste twee episodes van Spoorloos wag nog vir my op die PVR, al is dit tans een van my gunsteling­e. Voel jy ook so? Ons het ’n oplossing: ’n nuusbrief wat jou meer inligting en agtergrond oor verskillen­de programme gee wat jy nie noodwendig in die tydskrif kry nie. Om in te teken op die elektronie­se nuusbrief, SMS jou besonderhe­de na 35982 of stuur ’n e-pos na tvplus@ media24.com. Dit sal jou ook op die hoogte bring van die reekse wat jy net skrams volg. Ns: Jy is nie besig om blind te word omdat jy nie die Muvhango-inligting in die uitgawe kry nie. Ons het ongelukkig te laat inligting van die sepie ontvang om dit te kon insluit. Ons probeer in die volgende uitgawe weer!

Stuur jou kommentaar na tvplus/ Jy vra, Posbus 784161, Sandton 2146, of e-pos dit na tvplus@media24.com of SMS dit na 35982 met die woorde TVPLUS YOUASK en jou naam. R1,50/SMS.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa