TV Plus (Afrikaans)

7DE LAAN SAAI UIT IN HD

-

As jy dink 7de Laan se beeld lyk skerper, is jy reg. Waar 7de Laan se storielyn tans ’n anti-tegnologie­rigting inslaan, het Danie Odendaal Produksies, vervaardig­er van die sepie, besluit om hul produksie se tegnologie op te gradeer en hulle saai sedert Donderdag 25 Oktober in hoëdefinis­ie (HD) uit.

Om dit te kan doen, moes 7de Laan hul ateljee in Lonehill verskuif na Lyndhurst, ook in Johannesbu­rg, omdat daar meer geriewe beskikbaar is om in HD te verfilm.

“Veranderin­g is nooit maklik nie,” sê Rosa-Mari le Roux, die publisitei­tsbeampte. “Ons was 18 jaar lank in ons ateljee in Lonehill en dit het soos ons tweede tuiste begin voel. Maar ons moes bybly by die nuwe tye. Ons het ook drie nuwe HD-kameras aangeskaf om tonele te verfilm.”

By die Lyndhurst-ateljees word ander sepies soos Isidingo (1998nou) en Rhythm City (2007-nou) ook verfilm en vervaardig. 7de Laan het hulle ingerig waar seisoen 1 van The Voice SA (2016-nou) verfilm is.

 ??  ?? Omdat die beeldmater­iaal nou in HD uitsaai, moes alle aspekte van die produksie – van die kleredrag tot die grimering – aangepas word omdat daar meer pixels (die kleinste spikkel van ’n digitale beeld wat vertoon kan word) is wat tot die kleinste besonderhe­de wys. Deirdre Wolhuter (Mariaan) word deur die grimeerkun­stenaar Lucky opgedollie met grimering wat spesifiek vir HD-verfilming gemaak is wat aanpas by die nuwe beligting. Menige foto’s is geneem van hoe die ou stelle gelyk het om seker te maak dit word presies so oorgedoen in die nuwe ateljee. Hier word Oppiekoffi­e uitgepak.
Omdat die beeldmater­iaal nou in HD uitsaai, moes alle aspekte van die produksie – van die kleredrag tot die grimering – aangepas word omdat daar meer pixels (die kleinste spikkel van ’n digitale beeld wat vertoon kan word) is wat tot die kleinste besonderhe­de wys. Deirdre Wolhuter (Mariaan) word deur die grimeerkun­stenaar Lucky opgedollie met grimering wat spesifiek vir HD-verfilming gemaak is wat aanpas by die nuwe beligting. Menige foto’s is geneem van hoe die ou stelle gelyk het om seker te maak dit word presies so oorgedoen in die nuwe ateljee. Hier word Oppiekoffi­e uitgepak.
 ??  ?? Een van die drie peperduur kameras wat in HD opneem – Rosa-Mari sê “al drie saam is miljoene rande werd”. Die nuwe ateljee het klankdigma­teriaal teen die mure om te verseker geen klank of steurnisse beïnvloed verfilming nie.
Een van die drie peperduur kameras wat in HD opneem – Rosa-Mari sê “al drie saam is miljoene rande werd”. Die nuwe ateljee het klankdigma­teriaal teen die mure om te verseker geen klank of steurnisse beïnvloed verfilming nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa