TV Plus (Afrikaans)

12 – 16 NOVEMBER

-

Diederik raak bekommerd wanneer dit lyk of iets met Olivia gebeur het, die Welmans kry ’n onverwagte kuiergas, en Mariaan is geskok wanneer Rickus ’n meisie huis toe bring. Connie gaan deur ’n moeilike tyd in haar verhouding met André, Aggie en Vince bring gehaltetyd saam deur, en Alexa sit Lesedi op haar plek. Xander is oorgehaal om sy verhouding te red, die Bruynwaves-span is opgewonde oor wat die toekoms inhou, en Mariaan is op die oorlogspad. André help Olivia met regsadvies, en Vanessa kom agter die kap van die byl.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa