TV Plus (Afrikaans)

12 – 16 NOVEMBER

-

Die patogeen word in die geheim bespreek, Mercia het ’n openhartig­e gesprek met Louis, en At weier om verder oor vergifnis te tob. Quinton en Jax weet nie hoe om hul vriende te help nie, Elana bevraagtek­en Steve se motiewe, en Jonas vra Tertius uit oor die patogeen. ’n Onverwagte besoeker daag by die Kosterhuis op, die krake in Jonas en Esra se verhouding begin duidelik wys, en Quinton vind iets skokkends uit. Conrad waarsku Tertius teen Jonas, en Lika se toestand maak Tertius desperaat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa