TV Plus (Afrikaans)

Genoeg van al die boelies

Ronel kry ’n nuwe heenkome weg van skoolboeli­es en verhouding­sprobleme.

-

“Arendsvlei is ’n heenkome vir gebroke siele,” vertel Melanie du Bois (Felicity Daniels van 7de Laan, 2000-nou, van 2011-2016) wat die rol van die onderwyser­es en aspirantak­trise Ronel vertolk. “Sy en haar seun, Lee-Roy [Roberto Kyle], het uit Clanwillia­m gevlug om van hul probleme te ontsnap, en bly nou in Arendsvlei om ’n nuwe begin te maak. Maar dis nie maklik nie, want die verlede het die nare gewoonte om jou te volg waar ’n mens ook al gaan,” verklap Melanie. Haar onverskill­ige rokjagterm­an,

Lionel (Jody Abrahams), het haar lewe ’n nagmerrie gemaak en sy kry op Maandag 5 November die skok van haar lewe wanneer hy in Arendsvlei aankom. “Sy wou van hom vergeet, maar nou staan hy hier op haar stoep. Ronel se verlede het haar ingehaal,” sê die aktrise.

Hoekom is Ronel so beskermend oor haar seun, Lee-Roy?

Hy is haar enigste seun en is deur hel. Op skool is hy jare lank geboelie terwyl die personeel anderpad gekyk het. Hy is liefdevol soos sy ma, maar sy pa wil hê hy moet probleme met sy vuiste oplos.

Skoolboeli­es is ’n groot probleem; hoe het jy jou op die dilemma voorberei? Ek hoef nie ver te gesoek het nie. My 12-jarige dogter, Roxy, is drie jaar lank op skool geboelie. Sy het heeltyd gesê: “Mamma, ek kan dit hanteer”, maar eendag het sy geknak. Gelukkig is die probleem vinnig opgelos en sy glimlag weer. Met al die probleme, wie is Ronel se groot

ste steunpilaa­r? Beatrice (Jolene Martin) was nog altyd daar vir haar. Hulle is ou skool-vriende en is amper soos susters. Hulle gee om vir mekaar en help mekaar waar hulle kan.

Hoe was jou eie skooljare? Ek was in ’n Katolieke privaat skool en die nonne was ons onderwyser­s. Alles moes perfek wees. Die leerders se skoolklere moes ’n sekere styl wees, asook die manier waarop jy loop en praat. Vandag se skole het glad nie sulke streng dissipline nie.

 ??  ?? Die aktrise Melanie en haar dogter Roxy. Ronel en haar seun, LeeRoy, moes al baie probleme in hul lewe oorkom.
Die aktrise Melanie en haar dogter Roxy. Ronel en haar seun, LeeRoy, moes al baie probleme in hul lewe oorkom.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa