TV Plus (Afrikaans)

7 – 9 NOVEMBER

-

Mazwi keer terug na die Moroka-woning ná hy hoor sy dogter Rorisang se gesondheid het versleg, en ’n bedroefde Jack beland voor sy vervreemde vrou Nandi se deur met die hoop om vrede te maak. Die polisie gaan haal Cosmo vir ondervragi­ng, en Wandile is desperaat om ’n kêrel te kry. Nandi laat vaar haar planne met Jack wanneer haar kêrel Mandla, wat uitstedig was, terugkeer, en die polisieman Pele, wat onder die dekmantel werk, steek inligting vir die polisie weg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa