TV Plus (Afrikaans)

12 – 16 NOVEMBER

-

Romeo weet Mthunzi se ondergang is binne bereik, maar ’n belangrike deel van die legkaart wil nog nie mooi in plek val nie. Die tyd raak min om ’n Mej. Reg en haar Mnr. Verkeerd op te breek, en Mlungisi se neef pastoor Samson Ngema beïndruk Phindi wanneer hy sy plan bekendmaak om met ’n kerk te begin. Kgosi vra ’n ouer man om in te gryp wanneer die werklikhei­d van sy ma wat met Caiphus uitgaan hom laat nadink oor die saak, en Ndumiso word uitgetrap oor Gloria se vryery in die openbaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa