TV Plus (Afrikaans)

Buig voor die koning

Liam bewys hoe baie hy soos sy pa is wanneer die genadelose nuwe Spencer-hoof sy spiere bult.

-

Bill Spencer (Don Diamont) lek sy wonde ná die uitval oor die Septemberb­rand toe hy die Spectra Fashions-gebou tot amper op die grond afgebrand het. Sy geliefde en lojale seun Liam (Scott Clifton) het Bill die rug toegekeer en hom beveel om “te bieg of tronk toe te gaan en my die hoof te maak in jou plek”. Om alles te vererger het Brooke (Katherine Kelly Lang) Bill op Donderdag 25 Oktober gelos toe sy uitvind wat hy aan Spectra gedoen het. Maar om Brooke terug te kry moet op Donderdag 8 November eers wag, want Bill is net op een ding gefokus: om beheer van sy maatskappy terug te kry en Liam as hoof uit te skop. “Vir die eerste keer neem Liam sake in eie hande en maak die maatskappy syne. Vir die eerste keer beskou Liam sy pa as ’n teenstande­r, nie ’n vriend nie, en hy probeer hom trompop loop,” sê Scott uitdagend van die paseun-geveg.

Het Liam altyd beplan om die familiebes­igheid by Bill te gryp?

Ek dink nie Liam is onder die indruk sy pa is ’n sakereus nie. Liam weet Bill het baie hard gewerk aan die goed geoliede masjien. Wat Liam wil doen wanneer hy die mag het, is om veranderin­gs aan te bring wat die maatskappy meer eties sal maak, met ’n beter beeld en reputasie. Die punt vir Liam is om die mag vir goeie dinge in te span, soos om Sally (Courtney Hope) te help.

Liam is dus die prins op die wit perd?

Ja, beslis. Hy beskou Sally as iemand wat hy kan help. Liam bewonder mense wat hulself probeer verbeter en hy haat onregverdi­gheid. Hy sien ’n kans om iemand te beloon wat dit verdien.

Dis nie die enigste leierseien­skap wat hy het nie, nè?

Hy is sosiaal bewus. Hy stel belang in filantropi­e. Gebrek aan geldgierig­heid en hebsug. Die punt vir Liam om hoof te wees is nie om sake beter te doen nie, maar om dit meer eties te doen. Om die waarheid te sê kan dit nie beteken om sake beter as sy pa te doen nie.

Sal Liam Bill dophou?

O ja. Liam weet Bill steur hom nie aan reëls nie, daarom is daar geen manier om te weet wat sy pa sal doen om sy besigheid terug te kry nie. Bill is werklik ’n moeilike persoon om mee te onderhande­l.

Bill het seker ’n paar goeie eienskappe wat hulle versoen kan laat raak?

Bill gee nie op nie. Hy glo aan lojaliteit van familie. As dinge beter gaan raak, wat voorheen dikwels gebeur het, sal Bill dinge probeer regmaak. Hy kan baie oortuigend wees wanneer hy belowe om te verander.

So wanneer Bill Liam ’n drukkie gee in wat sy kantoor was [op Dinsdag 20 November], is dit nie ’n wapenstils­tand nie?

Nee, dit gaan nie dinge heeltemal regmaak nie. Dit wys vir die kykers Bill is vasbeslote om dinge reg te stel, selfs al is Liam nie.

Hoe gaan dit Liam se huwelik met Steffy (Jacqueline MacInnes Wood)

raak?

Die spanning is reeds daar. Liam voel algehele verraad, want Steffy kies heeltyd Bill se kant. Steffy meen Liam verraai haar, want hy kies Sally se kant.

Dis ’n aksiebelaa­ide storielyn, anders as jul gewone liefdesdra­mas.

Ek weet nie of pret die regte woord is nie, maar dit was uitdagend en lonend. Ek wou dit regkry. Ek is so lief vir Don en ons albei geniet die gekorswil. Dit het nie natuurlik gevoel om hom te laat wegkyk nie, want Liam is altyd die gedweë karakter van die twee. Dis die eerste keer dat dinamies nie van toepassing is nie. Ek moes hom as ’n vyand behandel. Dit was ongemaklik. Dankie tog dis net voorgee.

Is jy en Don ook sulke goeie vriende weg van die stel?

Darin Brooks

Ja, ons is lekker pelle. Ek, Don en (Bill se ander seun, Wyatt, sien bl. 5 vir sy eksklusiew­e Blitsvinni­g-V& A) voel of ons die

drie musketiers is. Ons hou daarvan om saam in ’n toneel te wees.

Don se karakter deins nie terug vir ’n bakleiery nie. Het hy jou enige raad vir hierdie konfronter­ende storielyn gegee?

Daar is ’n gedragskod­e dat akteurs mekaar nie advies gee nie. Maar as ek iets doen wat die draaiboek nie laat werk nie, sal hy my laat weet, want ons probeer ’n spesifieke punt bereik.

Is jy enigsins soos Liam? Ek is baie anders. Hy is ’n idealis en ek is ’n pragmatis. Hy’s ’n optimis en ek ’n realis. Liam is ’n reeksroman­tikus, ek’s ’n reeksmonog­amis. Hy spring van liefde tot liefde; ek is al 12 jaar in dieselfde verhouding. Liam verneuk, ek nie. Ek bewonder Liam dat hy ’n vegetariër is en ek wens ek het die dissipline. Ons leef nie in dieselfde heelal nie. As Liam rêrig bestaan het sou dit ’n ewige stryd wees om die behoefte te weerstaan om hom te verwurg.

 ??  ?? Daar is geen besonderse liefde tussen Liam (links) en sy pa, Bill, nie, maar die twee akteurs is beste vriende.
Daar is geen besonderse liefde tussen Liam (links) en sy pa, Bill, nie, maar die twee akteurs is beste vriende.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa