TV Plus (Afrikaans)

’N WARE GESINSMAN

-

Weg van die kameras en vetes met sy pa op die skerm is Scott ’n toegewyde gesinsman. Hy en sy jare lange meisie Nicole Lampson is in Oktober 2012 getroud en hulle het ’n tweejarige seun, Ford Robert Clifton. “My gesin speel ’n groter rol in my lewe as my loopbaan,” sê Scott. “Ek dink nie aan myself as Scott die akteur nie. Ek dink aan myself as Scott die eggenoot en Scott die pa.” Soos sy karakter Liam weet Scott hoe om sjarmant en romanties te wees – om sy huwelikshe­rdenking in Oktober te vier, het sy inskrywing op Instagram gelui: “Gelukkige herdenking aan my gunsteling-superheld. Ek het jou lief, met en sonder die superheld-mantel.” Die gesin deel hul Los Angeles-huis met twee katte, , Walter White (regs onder) der) en Amy Pond. WW was s al ’n huiskat in Bold.

 ??  ?? Scott is ’n geswore gesinsman.
Scott is ’n geswore gesinsman.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa