12 – 16 NOVEMBER
Ma Dolly weier om Claudia te vergewe, en Sello kry met sy aartsvyand Karlujah te doen. ’n Bedroefde Banzi neem homself steeds kwalik vir sy seun Junior se dood, en MK erken hy het ’n twyfelagtige verlede. Oscar is bang hy verloor sy werk, en Peanut se lewe hang aan ’n draadjie. Sello kry ’n geskenk van Bonnie, en Sello en Karlujah beplan ’n gewapende rooftog. Banzi kry nagmerries, Abednego word afgedank, en Karlujah en Sello werk aan hul ontsnapplan.