TV Plus (Afrikaans)

12 – 15 NOVEMBER

-

Goitseone word geskiet, en sy suster Mapula laat geen steen onaangeroe­r nie om te bewys hy’t nie vir Mosetsana vermoor nie. ’n Treurende koningin Mosadi wil hê die polisie moet haar dogter se liggaam oorhandig sodat prinses Mosetsana ’n tradisione­le begrafnis kan kry, en die koninkryk word geruk deur nog ’n arrestasie. ’n Paniekerig­e Odirile probeer haar spore doodvee, maar die tyd is nie aan haar kant nie, en Goitseone is verras wanneer hy sien sy nuwe selmaat is sy suster.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa